Sunday, 14 April 2013

Lappies Kombers (Rag Quilt)

Ek het die lappies kombers aangedurf!
Ek het ook besluit dat ek elke week wat Wolf weg is ietsie gaan maak of iets regmaak. 
Nie net sit en verouder nie.

Die materiaal winkel het hopeloos teveel lappe & nie vreeslike fantastiese helpers nie. 
Ek het toe op hierdie 4 stukkies lap afgekom & gedink dit pas sommer perfek.
Dis ook nie te bont en besig nie.


Elke blokkie is 20cm x 20cm.
Ek het 200 stukkies lap uitgeknip
&
100 stukkies "batting" 
Die "batting" was 17cm x 17cm.

Nadat alles uitgeknip is, het die stik-werk begin
ek het 'n kruisie deur elke blokkie gestik (toebroodjie, materiaal & batting & materiaal)
Ek het op die ou ent 100 gestikte blokkies gehad en rye vas aan mekaar begin stik.
Daarna die rye!

Dit is 'n "RAG quilt" 
So al die rante wys na voor.

Daarna moet mens happies in die rante knip & dit was en in die tuimeldroeer gooi,
sodat die rante lekker frilletjies maak.

Ek het myne gewas en dit maak steeds torings oral,
moes tot stofsuig!
Ek weet nie of dit gaan ophou nie, sal maar moet wag en sien 
of dalk 'n ander plan beraam!

Enige raad?

Reg vir aanmekaar stik:


Eint produk:



Volgende is 3 kussing slope wat ek moet kleur of nuwes maak,
ek geniet die naaldwerk-masjien,
maar besluit nog.

Tot later! :)

Monday, 8 April 2013

Vou Rok - eerste probeerslag :)

More More!
Ek en manlief het vanoggend so 04:30 opgestaan, 
ek het hom by die lughawe afgelaai en sien hom 
eers weer volgende Dinsdag
tot dan 
kan ons mekaar verlang!

Ons beplan om te gaan kamp wanneer hy terug is! :)

Elkgeval,
ons het gaan lap kies en Wolf het gister in die kantoor gewerk,
toe durf ek en ou elina 'n stuk lap aan!


Wolf het so paar weke terug die masjien vir my gekoop, 
ek het vreeslik baie papier gestik en het so super "tutorial" op Pinterst ontdek!

Ek het 'n gebrande oranje la  pgekies, Wolf het van die kleur gehou. 

Hier is die eint produk:

(ek kon nie 'n vol lengte foto neem nie - ek, kamera & 3-poot het mekaar nie lekker verstaan nie.)








Volgende ietsie wat ek gaan probeer is 'n quilt, ek het nog nie lap gekoop nie, so dit kan dalk nog 'n rukkie neem. 

Ek moet ook kamp lysies opmaak...

Bedrywig, bedrywig! 

:)