Monday, 13 May 2013

1ste handsak

Die kunstige kant van sake het bietjie stil gestaan hier in Perth, 
ek wou mos die kussing-slope maak of kleur, ek het nog nie besluit nie.

Intussen het Manlief se rooster verander en hy was 'n week langer in Perth, terwyl hy in die kantoor gewerk het en ek hom elke aand 'n "lekker slaap soentjie" kon gee. :)

Ek het 'n handsak gemaak, sommer so oor jou kop gooi handsakkie, waar mens klomp goetertjies in kan prop. 

Hier is so paar fototjies, sou seker gehelp het as ek 'n model gehad het! 

Die blom dien as 'n knopie, om die sak toe te hou! 


Ek is MAL oor hierdie materiaal!!!



Met die sak het ek klomp goetertjies geleer en foutjies gemaak, maar dit is die perfekte lengte en ek geniet die ou sakkie! :)

Een van die vroutjies hier het haar  eie kussingslope gemaak, met 'n ritssluiter en al, ek laatweet julle wanneer ek so braaf voel!



Monday, 6 May 2013

Eerste Foto Sessie :)

Ek het die 6de April vir die eerste keer 'n regte-egte foto sessie gedoen 
met 'n familie van 4. 
Hulle het 'n dogtertjie wat dink sy is 'n prinses en 'n vreeslike skaam seuntjie. 

Ek was vreeslik op my senuwees en het daardie dag sommer vir die eerste keer in die stad gery, dis glad nie 'n grap nie, maar ek het nie te sleg gedoen vir 'n vroumens nie!

Met die fotos het ek maar so hier en daar 'n paar foutjies gemaak, 
dit gebeur mos maar
kritiek is 'n moeilike ding, veral van jouself af. 

Ek het gister die fotos vir haar gevat
na ure voor die rekenaar met so handige man soos myne, het ons fotos gedokter.
Dit was ook lekker en ek het geleer hoe om "photoshop" te gebruik, soos 'n regte fotograaf!

Hier is 'n paar Kiekies:


















Nie te sleg nie ne?

Die Vroutjie het gesĂȘ sy is mal oor die fotos en stel ek belang om nog te doen?
Vir ander families...

Hou hierdie spasie dop.

:)