Ek was stil, maar het nou weer 'n tweede asem gekry!
Ons is 20weke swanger en dit voel nou eers of ons regtig 'n babatjie gaan kry. Ek gaan probeer om elke week 'n "post" te skryf, sodat ons hierdie reis met julle kan deel.
Ek gaan ook fototjies deel van die babakamer en van oulike goetertjies wat ons koop/gekoop het.
Vragies
Ek het uiteindelik 'n pensietjie! En het besluit om die volgende vragies oor my ondervinding te antwoord:
1. Hoogtepunt van hierdie week: Ons het 'n pragtige kot & matras as 'n geskenk gekry by vriende, ek wou 'n foto laai, maar ek het 'n internet konneksie probleem, so sal dit volgende week doen.
2. Beweging: Nie regtig nie, ek weet nie hoe dit voel nie, maar ek sal seker besef dit is dit wanneer dit gebeur. :)
3. Drange: Ek is glad nie 'n beet liefhebber nie, maar die afgelope tydjie is ek mal oor 'n beet doopsousie wat mens hier kry (beetroot tzatziki) ek eet 'n houertjie in 2 dae op. Daar is jogurt, beet en kruie in.
4. Goed wat my nie lekker laat voel nie: Vleis en vis! Die reuk daarvan was van die begin af 'n probleem, nou eet ek neute ipv rooivleis, ek kan hoender eet, maar nie teveel nie.
5. Slaap: Wolf het vanoggend uitgevlieg en is volgende Dinsdag terug, wanneer ek die bed vir myself het rek ek lekker uit. Wanneer hy hier is moet ek aan my kant van die bed bly, maar dit is glad nie 'n probleem nie. Ons al 2.5 pas op ons dubbel bedjie.
6. Iets waarvoor ons dankbaar is: Ons het 2 weke terug gegaan vir die 19weke anatomie skandering (scan) en ons het 'n gesonde, aktiewe babatjie!
Ons almal weet ek is so bietjie lomp en Wolf is ook - gister was ons in 'n winkel besig om na glas potjies te kyk soos die een wat Wolf gebruik het vir ons bedlampies en die deksel het geval, maar ek het dit gevang!!! Die babatjie het 'n goeie invloed op my lompgheid!
My fotograaf is nie hier nie, so ek kan ongelukkig nie 'n foto opsit van die pensie nie, maar ek sal volgende week.
Babakamer
Ek het hierdie foto op die Internet gekry en wil graag die babakamer so rustige pastel gevoel gee:
Ek besef daar is bietjie baie pienk, so ek gaan dit bietjie minder maak of vervang met oranje, sodat ons dit kan gebruik vir 'n seuntjie of 'n dogtertjie.
Julle moet 'n heerlike week he!
Liefde