Dagsê!
Ons gesiggietjie slaap, ek het vinnig deur die stort gevlieg, wasgoed aangesit, kombuis skoon gemaak, bietjie papier-werk gedoen en vir my middagete gemaak.
Ek eet nou gou middagete
Wolf kom venaand huistoe
Ons het Donderdag huis inspeksie
Verder gaan ons net SAAM wees!
Wolf was nou vir 7 dae weg - hierdie keer was soveel beter!
Ons was nie dr toe nie
ek het baie beter geeet
Ons het Lené se slaap patroontjies bietjie uitgesort
Ons altwee is dol gelukkig!
(Veral omdat Wolf oppad huistoe is)
Oulike goetertjies vir wat die week gebeur het:
Lené glimlag vir my soentjies
Sy gesels as sy op my skouer lê
Haar gesiggie is lewendig - sy het die oulikste gesigs-uitdrukkings.
Hierdie week Saterdag was dit bietjie warmer as die winter-weer (32'C) so ons het 'n kansie gekry om bietjie kort-mou kleertjies te dra:
Sy raak AL mooier en ons geniet hierdie persoonlikheidjie wat besig is om te ontwikkel!
:)