Tuesday, 29 January 2013

Friday, 25 January 2013

Vlegsel & Boeke

Vandag het ek en 'n nuwe vriendin bietjie die enigste 
geestelike boekwinkel in Perth besoek ek het vir my 'n nota boek gekoop
van myself, vir myself!



Eerste probeerslag - onderstebo vlegsel!

<3

Thursday, 24 January 2013

Kruietuin

Ons het so 2 weke terug ons eerste kruietuin begin
met die volgende saadjies
Pietersielie
Grasuie
en "Rocket"
Vandag toe ek ons saadjies gaan water gee,
het ek die volgende gesien:


Wat 'n voorreg om groenigheid te kweek!
Groenvingers, hier kom ons :)

See, Son, Sand

Ek was vandag saam met 'n paar vroumensies en hul meisiemense
strand toe, na Hillary Beach toe,
wat 'n fees!



Ek is besig om 'n "tan" te kry...

Wednesday, 23 January 2013

Skatte

Ek het gister so vroue tee bygewoon by die "Leap Frog Cafe"
dit was heerlik om bietjie in vroumens geselskap te kekkel
soos net ons kan.

Almal het families en kinders wat nog op vakansie is 
so hulle het ander draaie gehad om te ry
toe...

Gaan loer ek bietjie rond en om die hoekie was daar 'n
"Italian Essentials" daar was baie pastas en goetertjies
toe ontdek ek hierdie nougat, wat ek en manlief gedeel het 
terwyl ons mekaar vertel het van ons daggies!



Ons het toe gaan sushi maak en eet natuurlik, by nuwe maatjies.
Ons begin ons plekkies in Perth ontdek en 
geniet elke oomblik!

Monday, 21 January 2013

Asemrowende Manlief


Aangesien my ander-helfde werk en ek 'n "tuiseskepper" is, 
persoonlik dink ek mense noem huisvrouens dit 
sodat hulle bietjie belangriker voel
moet  manlief vroeer opstaan

Vanoggend WAS anders, 

"Moenie vroeg opstaan nie"
"Ek hou daarvan as jy laat slaap"
"Moenie nou al opstaan nie"
dit was sy woorde aan my...

Lekker werk engel, liefies jou
Ek het opgespring
en die hele huis vol briefies gekry!



Ek het 'n asemrowende man! <3

Rond Ritsers



Ons het ons rooi gevaarte Vrydag gekry, 
Saterdag het ons besluit om bietjie rond te rits
Suid van Perth.

Ek is 'n perdenooi
en my klipkapper man weet dit!




Ons het besluit om bietjie ons bene te rek 
en 'n koppie boeretroos en ietsie vir die soet-tand te geniet!


Ons het ook 'n paar oulike goetertjies raakgesien, 
soos hier die tannie in rooi so mooi
ek het nie agtegekom sy loer vir my nie...








Fluit-Fluit vandag se storie is eers uit! :)