Monday, 18 February 2013

Oreo & Nutella Kolwyntjies

Manlief kom vandag terug
tyd kruip nader
stadig maar seker

Hy het die 13de Februarie verjaar en het kolwyntjies bestel
ek het vanoggend hulle aanmekaar geslaan
nog nie geproe nie, maar dit lyk lekker!

Stap 1
Maak Nutella & Oreo samies
met Nutella bo-op!



Stap 2
Ek sukkel my elke keer morsdood om die muffin pan skoon te kry
en het besluit om was papier in 4kante te sny en dit as muffin-houertjies te gebruik.

Sit die oreo samies in die waspapier houertjies
maak vol met sjokolade-koek-mengsel.

Ek het sommer boksie mengsel gebruik.



Stap 3
Bak die kolwyntjies, 
sodra dit afgekoel is verwyder die was papier

Dit  lyk dan so:



Stap 4
Sit Nutella bo-op as versiersel
en hier is die eind produk:


Nou wag ek,
vir die liefde van my lewe om my te bel en te se
"Eks oppad huistoe"

 Ek sal terugvoer gee oor hoe die kolwyntjies geproe het!
Tot dan!

:)




Muffins

Wolf kom more terug! Jippy!
Ek het vandag bietjie geskrop en geskuur. 
Ek het nog bietjie patats oorgehad en dit gaar gemaak en
dit my 'n bran muffin mengsel gegooi
met bietjie saadjies bo-op!



More maak en verjaarsdag kolwyntjies met Oreos en Nutella!

Stay tuned :)

Saturday, 16 February 2013

Quiche

Wolf het die 11de Februarie vir die eerstekeer myn toe gegaan
vandat hy weg is het ek nog nie regte kos gekook vir myself nie.
Vandag is die 16de en ek het die afgelope paar dae net
Druiwe
Fruitloops
Chips en 'n bietjie Patats geeet wanneer ek by die huis is.

Ek het bietjie in ons kas rond gekrap en die volgende ontdek:
Eiers
Spinasie
Patats
Aartappels
Uie
"sundried tomatoes"
en sardientjies

Ek het 'n Sardientjie Quiche aanmekaar geslaan met 'n heerlike soet-sout kombinasie!






Dit was heerlik, ek het dit sommer in 'n groot muffin-pan gemaak
wat 6 muffins of (quiches) kan maak.

Die res wat oor is word gevries vir volgende keer wanneer ek vir net 1 persoon moet kook.

JUM!