Ek het hierdie week weer begin met Unisa eksamen
en moes my brein behoorlik afstof!
Die eksamen lokaal is so 40km van waar ons bly,
so dit is 'n entjie,
ek het 'n vriendinnetjie wat daar nady bly en het met haar gereel dat ek kom teetjies drink na my eerste vak.
Toe ek daar kom ruik die huis hemels
(sy het 'n suurlemoen-koek in die oond gehad)
Haar 3jarige sonskyn kind het vir my gevra of ek wil gaan moerbeie pluk,
ons twee het dit toe gaan doen.
Na 'n rukkie besef ek eks buite besig om alleen moerbeie te pluk
en ek luister toe na hoe hulle huis "klink"
vol giggeltjies, vreemde woorde en so nou en dan 'n vloermoer!
Wat 'n wonderlike ietsie om na uit te sien...
'n huis vol kinders met pers-moerbei-voete
en pers-moerbei-vingertjies.
Ek het 'n paar moerbeie huistoe gevat en kolwyntjies gemaak,
hier is 'n paar fototjies:
van my moerbei-lemoen-klapper kolwyntjies.
Skuus eks so stil, na die eksamen sal ek weer gereeld hier 'n draai maak!
Liefde :)
No comments:
Post a Comment