Tuesday, 16 December 2014

Doring Rosie

Hi
 
Om eerlik te wees is Mamma wees baie moeiliker as wat mense voorgee. Miskien is dit net makliker vir ander as vir my.
Dit is hoekom ek nie blog nie - Ek is bietjie poegaai!
 
Gister was die eerste dag wat dit nie vir my so moeilik gevoel het nie. Ons het gespeel en heerlik gelag, sy het een oomblik gesels en die volgende was sy so uit soos 'n kers. Ons altwee is dol verlief op Lené.
 
Die ding is om 'n Mamma te wees is nie net wanneer sy wakker is nie, dit is konstant sonder rus kans of "vakansie," dalk 'n asemhaal uur bad sessie wanneer sy slaap, maar tog wag jy in spanning tot sy weer wakker word om 100% van wie jy is en wat jy wil hê vir haar te gee.
 
Dan en eers oor 'n rukkie blom daardie gesiggie-kind van jou en giggel en gesels sy en glo sy in haarself, net omdat jy so sê.
 
En nou blom ons altwee.
 
 

1 comment:

  1. Liefkind, jy is 'n pragtige mamma, glo vir my. Jou kindjie kan nooit so mooi gesond en goedversorg wees as JY dit nie vir haar doen nie. Ons is baie, baie trots op jou.
    Geniet jou babatjie, hulle word te gou groot.
    Liefdes xx

    ReplyDelete