More lieflikstes
Voorspoedige nuwejaar en welkom!
In dié Poller huis gaan dit rof, maar goed. Lené se tandvleisies is opgeswel en sy sukkel, word 4 of 5 keer deur die nag wakker en slaap langs hierdie Mamma, net sodat ek half mens is die volgende dag. Ek kan tandjies voel!
Aangesien ons in oorlewings rat was, het ek bietjie stil geraak hierso, maar ek sal opmaak daarvoor...
As 'n nuwe mamma het ek gesukkel met die doekesak situasie. Ek het altyd gegrawe wanneer ek iets soek en was bietjie moedeloos. Ek het gedink dit kan dalk ander Mammas help - want ek het 'n manier gekry wat werk (vir ons). Tot Pappa kan nou kry wat ons nodig het in dié sak.
Ons het n leer "weekend bag" wat effens groot is, maar ons geniet dit. Ek dink n rugsak sal dalk bietjie beter werk, maar hierdie een doen sy ding.
Hierdie is wat ek gewoonlik binne-in het:
Wat nie op die foto is nie:
Bottel Water
Beursie
Foon
Dalk tande beskuitjies as ek weet ons gaan winkels toe vir n rukkie
Goed wat los is:
Dun Kombersie
"Breastfeeding Cover"
Spoegdoek
Sakkies vir doeke
Hoedjie
Speelding
Groot sak:
4 doeke
Wipes
2 "Disposable changing mats"
Boud salfies
Middel sak:
Skoon klere kort en lang-mou
2 bibs
Sokkies
Ziplock sakkie vir siesa klere
Klein sakkie: (Mamma sakkie)
"Breastpads"
Kougom
Sonroom
Baba room
Tande salfies
"Softlips"
Dis dit - dit sal heel moontlik nou verander, aangesien ons met kossies begin het. Hoop dit help nuwe Mammas en ek hoop die Mammas met meer ondervinding kon lekker lag vir my 'groot trek.'
Sien julle gou weer met fototjies van Lené.