Wednesday, 30 October 2013

Moer-by ;) kolwyntjies

Ek het hierdie week weer begin met Unisa eksamen 
en moes my brein behoorlik afstof! 
Die eksamen lokaal is so 40km van waar ons bly, 
so dit is 'n entjie, 
ek het 'n vriendinnetjie wat daar nady bly en het met haar gereel dat ek kom teetjies drink na my eerste vak.

Toe ek daar kom ruik die huis hemels
(sy het 'n suurlemoen-koek in die oond gehad)
Haar 3jarige sonskyn kind het vir my gevra of ek wil gaan moerbeie pluk,
ons twee het dit toe gaan doen.

Na 'n rukkie besef ek eks buite besig om alleen moerbeie te pluk
en ek luister toe na hoe hulle huis "klink"
vol giggeltjies, vreemde woorde en so nou en dan 'n vloermoer!
Wat 'n wonderlike ietsie om na uit te sien...
'n huis vol kinders met pers-moerbei-voete
en pers-moerbei-vingertjies. 

Ek het 'n paar moerbeie huistoe gevat en kolwyntjies gemaak, 
hier is 'n paar fototjies
van my moerbei-lemoen-klapper kolwyntjies.






Skuus eks so stil, na die eksamen sal ek weer gereeld hier 'n draai maak! 
Liefde :)


Thursday, 25 July 2013

Pos - Op die rug van die wind!

Ek het 'n pakkie uit Namibie ontvang!
Van my Moederlief af! Sy het dit die 15de Julie gepos en ek het gedink dit gaan nog 'n RUK vat voordat dit hier aanmelt. (Ek het dit in 10dae gekry)

Ek het 'n kaartjie in ons posbus gekry met "You've got mail" op en gehoop dit is die pakkie! 

Wolf is by die huis en het sommer die BOKS in die kar vir my oopgemaak met sleutels (My man is darem maar handig)

Ek het so stadig alles uitgepak! Eers die mooiste mooi Afrikaanse lap, ons 2 het reeds besluit dit gaan kussing slope word vir ons slaapkamer! 


So bietjie Afrikaans in ons huis, hier tussen die Aussies! 

Volgende was dit die "liefdesknoop" ringetjie wat ek bestel het by 'n vriendinnetjie wat die mooiste juwele maak. 




Toe was dit so bietjie Afrikaanse dekor!


En hope lekkers uit Afrika vir hierdie soettand! Ons het al 1 pakkie oopgemaak en senties was nog nooit so lekker nie! :)


Volgende was 'n handgemaakte kopband; wat my ma by 'n vriendinnetjie bestel het, dit pas perfek en word beslis benut hierdie winter terwyl die wind huil! 


En die paar oorbelletjies! 


'n Serpie! Oelala! 


Ek het lekker getjank toe ek die briefies gelees het, Wolf het net my ruggie gevryf! ;)

'n Pragtige briefie van Dika af!
Dankie daarvoor Gesiggie ek skryf vir jou sommer gou-gou een terug!


'n Briefie van my Moederlief met 'n resep in haar handskrif vir my resepteboek! 


Ek is die roomys kind in ons gesin en kry toe sommer ook 'n paar roomys resepte!


Dis 'n fototjie van alles!


Ek is so geseen met 'n familie en 'n wonderlike man! 

<3

Dankie Mamma!














Monday, 13 May 2013

1ste handsak

Die kunstige kant van sake het bietjie stil gestaan hier in Perth, 
ek wou mos die kussing-slope maak of kleur, ek het nog nie besluit nie.

Intussen het Manlief se rooster verander en hy was 'n week langer in Perth, terwyl hy in die kantoor gewerk het en ek hom elke aand 'n "lekker slaap soentjie" kon gee. :)

Ek het 'n handsak gemaak, sommer so oor jou kop gooi handsakkie, waar mens klomp goetertjies in kan prop. 

Hier is so paar fototjies, sou seker gehelp het as ek 'n model gehad het! 

Die blom dien as 'n knopie, om die sak toe te hou! 


Ek is MAL oor hierdie materiaal!!!



Met die sak het ek klomp goetertjies geleer en foutjies gemaak, maar dit is die perfekte lengte en ek geniet die ou sakkie! :)

Een van die vroutjies hier het haar  eie kussingslope gemaak, met 'n ritssluiter en al, ek laatweet julle wanneer ek so braaf voel!



Monday, 6 May 2013

Eerste Foto Sessie :)

Ek het die 6de April vir die eerste keer 'n regte-egte foto sessie gedoen 
met 'n familie van 4. 
Hulle het 'n dogtertjie wat dink sy is 'n prinses en 'n vreeslike skaam seuntjie. 

Ek was vreeslik op my senuwees en het daardie dag sommer vir die eerste keer in die stad gery, dis glad nie 'n grap nie, maar ek het nie te sleg gedoen vir 'n vroumens nie!

Met die fotos het ek maar so hier en daar 'n paar foutjies gemaak, 
dit gebeur mos maar
kritiek is 'n moeilike ding, veral van jouself af. 

Ek het gister die fotos vir haar gevat
na ure voor die rekenaar met so handige man soos myne, het ons fotos gedokter.
Dit was ook lekker en ek het geleer hoe om "photoshop" te gebruik, soos 'n regte fotograaf!

Hier is 'n paar Kiekies:


















Nie te sleg nie ne?

Die Vroutjie het gesĂȘ sy is mal oor die fotos en stel ek belang om nog te doen?
Vir ander families...

Hou hierdie spasie dop.

:)

Sunday, 14 April 2013

Lappies Kombers (Rag Quilt)

Ek het die lappies kombers aangedurf!
Ek het ook besluit dat ek elke week wat Wolf weg is ietsie gaan maak of iets regmaak. 
Nie net sit en verouder nie.

Die materiaal winkel het hopeloos teveel lappe & nie vreeslike fantastiese helpers nie. 
Ek het toe op hierdie 4 stukkies lap afgekom & gedink dit pas sommer perfek.
Dis ook nie te bont en besig nie.


Elke blokkie is 20cm x 20cm.
Ek het 200 stukkies lap uitgeknip
&
100 stukkies "batting" 
Die "batting" was 17cm x 17cm.

Nadat alles uitgeknip is, het die stik-werk begin
ek het 'n kruisie deur elke blokkie gestik (toebroodjie, materiaal & batting & materiaal)
Ek het op die ou ent 100 gestikte blokkies gehad en rye vas aan mekaar begin stik.
Daarna die rye!

Dit is 'n "RAG quilt" 
So al die rante wys na voor.

Daarna moet mens happies in die rante knip & dit was en in die tuimeldroeer gooi,
sodat die rante lekker frilletjies maak.

Ek het myne gewas en dit maak steeds torings oral,
moes tot stofsuig!
Ek weet nie of dit gaan ophou nie, sal maar moet wag en sien 
of dalk 'n ander plan beraam!

Enige raad?

Reg vir aanmekaar stik:


Eint produk:



Volgende is 3 kussing slope wat ek moet kleur of nuwes maak,
ek geniet die naaldwerk-masjien,
maar besluit nog.

Tot later! :)

Monday, 8 April 2013

Vou Rok - eerste probeerslag :)

More More!
Ek en manlief het vanoggend so 04:30 opgestaan, 
ek het hom by die lughawe afgelaai en sien hom 
eers weer volgende Dinsdag
tot dan 
kan ons mekaar verlang!

Ons beplan om te gaan kamp wanneer hy terug is! :)

Elkgeval,
ons het gaan lap kies en Wolf het gister in die kantoor gewerk,
toe durf ek en ou elina 'n stuk lap aan!


Wolf het so paar weke terug die masjien vir my gekoop, 
ek het vreeslik baie papier gestik en het so super "tutorial" op Pinterst ontdek!

Ek het 'n gebrande oranje la  pgekies, Wolf het van die kleur gehou. 

Hier is die eint produk:

(ek kon nie 'n vol lengte foto neem nie - ek, kamera & 3-poot het mekaar nie lekker verstaan nie.)








Volgende ietsie wat ek gaan probeer is 'n quilt, ek het nog nie lap gekoop nie, so dit kan dalk nog 'n rukkie neem. 

Ek moet ook kamp lysies opmaak...

Bedrywig, bedrywig! 

:)


Monday, 25 March 2013

Pizza - Gerookte Salmon

Ons het hierdie naweek vir die eerste keer mense oor gehad vir aandete,
ons het sushi gemaak, dit was heerlik
hulle het amper tot 12uur gebly
ons het omtrent gesels.

Daar was so paar goetertjies oor van die sushi,
ons 2tjies het gister besluit dis tyd vir 'n Pizza!

Manlief het na gister se pizza voorgestel dat ons dit vandag ook moet eet,
dit was SO lekker!

Ek het sulke verpakte korsies gekoop wat tjop-tjop gaar en girts gartserig word! 

Op die korsies kom net Olyf olie en spiserye


Ons het die volgende oor gehad van die sushi-aand:

Gerookte salmon
"pepperdews"
Avo



En in die yskas het ons:

Pers uie
Lae vet kaas
& Sampioene
gehad.

Die eind produk het so gelyk:




Dis defnitief iets wat ons weer sal maak!

Tot later :)