Monday, 25 March 2013

Pizza - Gerookte Salmon

Ons het hierdie naweek vir die eerste keer mense oor gehad vir aandete,
ons het sushi gemaak, dit was heerlik
hulle het amper tot 12uur gebly
ons het omtrent gesels.

Daar was so paar goetertjies oor van die sushi,
ons 2tjies het gister besluit dis tyd vir 'n Pizza!

Manlief het na gister se pizza voorgestel dat ons dit vandag ook moet eet,
dit was SO lekker!

Ek het sulke verpakte korsies gekoop wat tjop-tjop gaar en girts gartserig word! 

Op die korsies kom net Olyf olie en spiserye


Ons het die volgende oor gehad van die sushi-aand:

Gerookte salmon
"pepperdews"
Avo



En in die yskas het ons:

Pers uie
Lae vet kaas
& Sampioene
gehad.

Die eind produk het so gelyk:




Dis defnitief iets wat ons weer sal maak!

Tot later :)


2 comments:

  1. lekker!
    ek dink net jy het vergeet om te noem dat jy darem ook mozzarella in die yskas moes gehad het - vandaar die smeltlekkerte! :)

    ReplyDelete
  2. Oepsie! En Mozzarella!
    Dankie Tannie Marianne :)

    ReplyDelete