Monday, 25 March 2013

Pizza - Gerookte Salmon

Ons het hierdie naweek vir die eerste keer mense oor gehad vir aandete,
ons het sushi gemaak, dit was heerlik
hulle het amper tot 12uur gebly
ons het omtrent gesels.

Daar was so paar goetertjies oor van die sushi,
ons 2tjies het gister besluit dis tyd vir 'n Pizza!

Manlief het na gister se pizza voorgestel dat ons dit vandag ook moet eet,
dit was SO lekker!

Ek het sulke verpakte korsies gekoop wat tjop-tjop gaar en girts gartserig word! 

Op die korsies kom net Olyf olie en spiserye


Ons het die volgende oor gehad van die sushi-aand:

Gerookte salmon
"pepperdews"
Avo



En in die yskas het ons:

Pers uie
Lae vet kaas
& Sampioene
gehad.

Die eind produk het so gelyk:




Dis defnitief iets wat ons weer sal maak!

Tot later :)


Live - Craft - Eat.com NUTELLA ROOMYS

Ek het 'n ougat webwerf ontdek, terwyl ek besig was om "Nutella roomys" resepte te soek 
ek het een HIER gekry!

Ek het 'n roomys-masjien en sien vreeslik uit na hierdie roomys, mens maak dit sommer sonder 'n masjien!

Ietsie wat ek gaan probeer, NIE wanneer ek alleen by die huis is nie, 
ek wil nie die hele bak self opeet nie!
Ek en my broeke sal nie lekker saam-stem nie!


Loer bietjie - www.livecrafteat.com/

Tuesday, 19 March 2013

Coffee, me or TEA?

Die "Ladies-ministry" by die kerk het so "Ceramic painting"
dag gehad so rukkie terug
die gogga het 'n vriendinnetjie gebyt en sy het gevra of ek weer wil saam kom,
ek het natuurlik!

                Ek & 'n verf-kwas = grondboontjiebotter & stroop!

Hier is my Alice in Wonderland tee-pot!
Hand-geverf deur die eie ekke!



Kom drink gerus 'n ou teetjie! :)

Saturday, 16 March 2013

BRAG - oor 'n goud garing vriendin!

Van Augustus tot einde November 2012 was ek 'n Swakopmunder, 
'n getroude Swakopmunder
in 'n pragtige kerk
met wonderlike jong getroue boeties & sussies!

Ek en my manlief was in 'n sel-groep waar ons vir Corne & Elze ontmoet het
Hy is 'n rustige man met hope liefde vir sy vroutjie
Sy is 'n kunstige borrelende vroumensie met hope liefde vir haar manlief!

Sy is 'n juwelier & 'n juweel van 'n vriendin
Ek droom al 'n rukkie van 'n knoop ringetjie soos die:


Dis tans in wording, 
in haar hande 
Doen jouself 'n guns en loer hier:

http://elzedesignerjeweller.blogspot.com.au/?spref=fb



Tuesday, 5 March 2013

koppies - pimped

Manlief kom venaand huistoe!
Ek het op Pinterest die idee gekry!
Skryf op 'n doodgewone koppie met 'n permanente koukie!
Bak in die oond teen 180'C vir 30min
Die ink trek in die koppie in 
en hou glo vir lank...

Ons kyk hoe lank dit hou!




Julle is welkom om'n ou teetjie  te kom geniet!


Saturday, 2 March 2013

Dis wat liefde is!

Wolf het my gebel so 5 min van die huis af, net om te se hy is 5 min van die huis af, 
die oomblik toe hy my sien het hy 'n trollie nader getrek! 
Ou grapjas!




Lief jou!