Tuesday, 26 August 2014

Margaret River saam die Nagels

One het bietjie vir Oupa en Ouma Nagel Margaret River toe gevat hierdie week wat verby is, dit was 'n fees!
 
Ons het heerlik rond gery en Lené was natuurlik 'n engeltjie - dit is heerlik om haar Mamma te wees.
 
Hier is so paar fotos van Margaret River, daar is duisende varkore - enige blomme-kind se droom.
 
 
 
 
 
Hierdie foto is geneem net na 'n soentjie, hulle is steeds dol verlief, wat 'n mooi voorbeeld!
 
 
'n Kaggeltjie :)
 
 
 
 
 
 
 
Ouma Charmaine het die vorige aand bietjie na Lené gekyk, sy was die volgende aand so uit soos 'n kers, sommer vroeg-vroeg!
 
 
Ons het na 'n parkie toe gegaan - om so paar spesiale fototjies te neem, is hierdie nie mooi nie? Dit was so lekker om bietjie te gesels, lag en terg. Vreemd hoe kosbaar tyd is wanneer mens min het. Hulle het vir Lené baie geniet en ons sien uit na die Skype sessies wat volg:
 
 
 
Oupa kielie vir Lené, ek het toe genoeg gehad:
 
 
Die Poller gesinnetjie:
 
 
 
Om julle by ons te he was so so so so so spesiaal!
 
Tot-weer-siens - Op Skype! ;)
 
 

Tuesday, 12 August 2014

Eerste verjaarsdag as 'n Mamma

Vroeg oggende wanneer ek vir Wolf by die trein-stasie gaan aflaai het Ouma Charmaine lekker gesels met Lené, hulle het ook lekker geslapies.
 
 
Sy het reeds haar eie persoonlikheid,
handjies mag nie toegemaak word nie,
veral nie wanneer sy slapies nie.
 
 
Pappa Wolf haal so winde uit terwyl hy tv kyk:
 
 
 
 
Oupa Dawie het die 8ste Augustus geland,
hy het omtrent in 'n "softie" verander,
Lené stel vreeslik belang in hierdie Oupa van haar,
met sy snor en brilletjies.
 
 
Ek het die 9de verjaar, dit was my eerste verjaarsdag as 'n Mamma en ek is so dankbaar dat my ouers hier was. Hulle het vir my 'n roomyskoek hier in Perth gekoop. Ek moes hulle Mall toe vat en ook my hande uit die vrieskas uit hou.
 
 
 
 
Hierdie is my verjaarsdag geskenkie van Manlief, hy was nie by die huis nie. Toe laat hy blomme aflaai. Met 'n briefie! Oulik ne?
 
 
Hierdie is so paar min terug geneem - sy le steeds daar!
 
 
Ek het hierdie week 1 Unisa werksopdrag klaar gemaak - my ouers help SO vreeslik baie! Ek vat lekker lang storte, omdat ek nog kan.
 
Ek het my hande vol, en het besluit om eerder elke 2de week 'n blog te skryf, ek gaan nie heel ophou nie, daar is net ander goetertjies wat bietjie meer van 'n prioriteit is op die stadium.
 
Julle moet 'n heerlike 2 weke he,
ons sien mekaar weer!
 
:)