Vroeg oggende wanneer ek vir Wolf by die trein-stasie gaan aflaai het Ouma Charmaine lekker gesels met Lené, hulle het ook lekker geslapies.
Sy het reeds haar eie persoonlikheid,
handjies mag nie toegemaak word nie,
veral nie wanneer sy slapies nie.
Pappa Wolf haal so winde uit terwyl hy tv kyk:
Oupa Dawie het die 8ste Augustus geland,
hy het omtrent in 'n "softie" verander,
Lené stel vreeslik belang in hierdie Oupa van haar,
met sy snor en brilletjies.
Ek het die 9de verjaar, dit was my eerste verjaarsdag as 'n Mamma en ek is so dankbaar dat my ouers hier was. Hulle het vir my 'n roomyskoek hier in Perth gekoop. Ek moes hulle Mall toe vat en ook my hande uit die vrieskas uit hou.
Hierdie is my verjaarsdag geskenkie van Manlief, hy was nie by die huis nie. Toe laat hy blomme aflaai. Met 'n briefie! Oulik ne?
Hierdie is so paar min terug geneem - sy le steeds daar!
Ek het hierdie week 1 Unisa werksopdrag klaar gemaak - my ouers help SO vreeslik baie! Ek vat lekker lang storte, omdat ek nog kan.
Ek het my hande vol, en het besluit om eerder elke 2de week 'n blog te skryf, ek gaan nie heel ophou nie, daar is net ander goetertjies wat bietjie meer van 'n prioriteit is op die stadium.
Julle moet 'n heerlike 2 weke he,
ons sien mekaar weer!
:)
Ek's bly dit gaan goed met jou en Lene en joou ouers. Dit moet wonderlik wees om hulle daar te hê. Geniet Lene, dis 'n tyd wat mens nooit weer terugkry nie want jou eerste is die enigste eerste. Daarna is daar 2 of3 wat aandag moet kry en mens kry daardie eerste tyd nooit weer terug nie. Sterkte en voorspoed. Tannie Theresa
ReplyDeleteEn o ja , moenie ophou met die blog nie, dis die goed wat mens sane hou. die 15 minute wat jy daaraan afstaan sal niemand skade aandoen nieen jy het so baie skryftalent en dan het jy vir Lene 'n erfenis as sy groot is soos jy oor haar skryf.
Wens daar was sulke goed in my dae en rekenaars. Want tyd vir skryf is daar nie,
Bye