Tuesday, 26 August 2014

Margaret River saam die Nagels

One het bietjie vir Oupa en Ouma Nagel Margaret River toe gevat hierdie week wat verby is, dit was 'n fees!
 
Ons het heerlik rond gery en Lené was natuurlik 'n engeltjie - dit is heerlik om haar Mamma te wees.
 
Hier is so paar fotos van Margaret River, daar is duisende varkore - enige blomme-kind se droom.
 
 
 
 
 
Hierdie foto is geneem net na 'n soentjie, hulle is steeds dol verlief, wat 'n mooi voorbeeld!
 
 
'n Kaggeltjie :)
 
 
 
 
 
 
 
Ouma Charmaine het die vorige aand bietjie na Lené gekyk, sy was die volgende aand so uit soos 'n kers, sommer vroeg-vroeg!
 
 
Ons het na 'n parkie toe gegaan - om so paar spesiale fototjies te neem, is hierdie nie mooi nie? Dit was so lekker om bietjie te gesels, lag en terg. Vreemd hoe kosbaar tyd is wanneer mens min het. Hulle het vir Lené baie geniet en ons sien uit na die Skype sessies wat volg:
 
 
 
Oupa kielie vir Lené, ek het toe genoeg gehad:
 
 
Die Poller gesinnetjie:
 
 
 
Om julle by ons te he was so so so so so spesiaal!
 
Tot-weer-siens - Op Skype! ;)
 
 

1 comment:

  1. Lekker gelees Zandria. Ja, dis sleg as jou ouers so ver van jou af moet gaan, maar daar is altyd die vooruitsig van'n volgende keer.

    Mooi dag en geniet die laaste paar dae

    ReplyDelete