Ek het so bietjie laasweek 'n breek gevat van die Blog-wereld,
wanneer Wolf weg is het ek nie regtig iets om oor te skryf nie.
Ons 2 meisiekindertjies is meeste van die tyd net by die huis.
'n Fifo (fly in fly out) rooster of enige werk waar die man van die huis nie by die huis is nie, is moeilik. Wolf is 7 nagte by die huis en 7nagte uit op kamp. So vir die van julle wie lees en wie julle mans by die huis het in die aande, wees dankbaar - sommer vir ons wat nie daardie voorreg het nie.
Die enigste opwindende ding wat in die laaste twee weke gebeur het; dit het gehael in Perth, ek en Lené het weggekryp sodat ons nie naby die vensters is nie, sy het wakker geword van die hael en hier is 'n fototjie van ons grassies:
Ek het ook die 28ste Oktober my eerste eksamen geskryf, Wolf en Lené het saam gekom. Ons het so bietjie verslaap (35min) en was betyds Lené was oppad soontoe 'n engel, ek en sy het net gesels tot by die Tannie se huis. Ek het haar aan die slaap gemaak en sy het vir so uur geslaap terwyl ek skryf. Wolf het haar toe nog so 20min besig gehou totdat ek klaar was. Ek was bietjie bekommerd oor die hele situasie - vir geen rede! Lené wil niks weet van 'n bottel nie, het julle enige wenke oor hoe om 'n bottel voor te stel?
Ek het ook my haartjies gesny, hulle val vreeslik uit en is ORAL - Ek het net genoeg gehad en ek lyk nou so:
Lené het die laaste twee weke omtrent 'n groot meisietjie geword. Ons was na 'n "Child Health" afspraak en sy is nou 61cm lank en weeg 7.4kg. Sy is 'n gesonde babatjie en ons is omtrent geseen! Sy het ook die 22ste Oktober vir die eerste keer gegiggel - dit was kosbaar!
Sy het ook haar handjies ontdek.
Hulle hou goetertjies vas en ook mekaar! (my hare word getrek) Sy gesels ook baie meer en herken sekere woorde.
Sy slaap baie goed!
Ons gaan winkel toe stap later vandag en dit is ons plannetjies vir nou!
Julle moet 'n heerlike daggie he.
Ons sien julle weer.
:)
No comments:
Post a Comment