Dagsê!
Ons het 'n BESIGE week gehad wat Manlief by die huis was.
Vrydag saam met vriende wie hul "Permanent Resident" papier gekry het spandeer, hulle het 'n partytjie gehou en ons het eers na 11 by die huis gekom - Die volgende oggend was Lené 6:15 wakker. Ek was peogaai en Wolf het haar toe gevat en besig gehou vir so uur en 'n half sodat ek kan slapies!
Ek is so dankbaar daarvoor!
Saterdag het ons by vriende gebraai.
Sondag het ons na 'n groente mark gegaan en ook saam met vriende Chinese kos gaan eet.
Ons het ook Sondag gaan swem met Lené vir die eerste keer. Aangesien ons nie nog 'n sak met die kamera wou voeg by ons 'groot trek' nie, het ons 'n paar fototjies geneem met my foon en hier is hulle:
Sy is ook MAL oor haar Pappa :)
Ons het so half uur in die swambad gesit en sy was so vreeslik rustig en het net gesit en na die ander maatjies gekyk.
Sy is die dierbaarste gesiggie en doedoe nou!
Dit is dit vir die week - Lekker dag vir julle.
:)
No comments:
Post a Comment