Thursday, 5 March 2015

3 Namibiërs in Hierdie huis

 
Lené het al vir 'n week Namibiese Burgerskap. Die prentjie hierbo is uit my dagboek en dit is sommer net 'n sketsietjie. Ons het vir lank dit self probeer uitsorteer en die 1ste Maart het ek dit vir Liewe Jesus gegee. Hy het dit al lankal onder beheer. Soms moet ons net besef alles is in Sy hande. Ons wag nou vir papiere om 'n paspoort vir Lené te kry en dan kom kuier ons in Mei. Vir LANK!
 
Ek mis huis!
 
Ons week saam met Manlief:
 
'n Slapende Skoonheid:
 
 
 
Sy woeker nou al:
 
 
Badtyd giggeltjies:
Hierdie is die foto wat ek sal gebruik om hulle verhoudingtjie op te som. Sy lag meeste van die tyd wanneer hulle speel en sy wil altyd giggel wanneer hulle vir mekaar ogies maak.
 
 
Sommer net omdat:
 
 
Aangesien ek altyd agter die kamer is het ek die kamera vir Wolf gegee om 'n fototjie van ons te neem.
 
 
Die week wat verby is het ons bietjie gaan inkopies doen, gaan swem, na 'n 3 jarige se partytjie toe gegaan en by vriende op 'n plot gaan kuier wat die mooiste huisie daar gebou het.
 
Sien julle gou weer!
:)
 

Tuesday, 20 January 2015

Ons Desember

Ons het gaan braai een aand in die parkie, aangesien die son eers nag sê vir die maan voor hy sy kop neerlê.
 
 
 
 
 
Ek en Lené het so elke nou en dan 'n foto neem sessie op ons bed. Sy vreet haar voete op en groei hopeloos te vinnig.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ons was Kings Park toe saam met vriende en hierdie gesiggiekind het uitgepaas in die kar:
 
 
 
Ons het Kersfees saam met vriende hier spandeer wat van Canada af kom en Kathryn het die heerlikste nagereg bymekaar gegoei:
 
 
 
 
Ons sien julle weer volgende week, aangesien dit Aussie dag is...

Wednesday, 7 January 2015

Doekesak - 6 mnde

More lieflikstes
 
Voorspoedige nuwejaar en welkom!
 
In dié Poller huis gaan dit rof, maar goed. Lené se tandvleisies is opgeswel en sy sukkel, word 4 of 5 keer deur die nag wakker en slaap langs hierdie Mamma, net sodat ek half mens is die volgende dag. Ek kan tandjies voel!
 
Aangesien ons in oorlewings rat was, het ek bietjie stil geraak hierso, maar ek sal opmaak daarvoor...
 
As 'n nuwe mamma het ek gesukkel met die doekesak situasie. Ek het altyd gegrawe wanneer ek iets soek en was bietjie moedeloos. Ek het gedink dit kan dalk ander Mammas help - want ek het 'n manier gekry wat werk (vir ons). Tot Pappa kan nou kry wat ons nodig het in dié sak.
 
Ons het n leer "weekend bag" wat effens groot is, maar ons geniet dit. Ek dink n rugsak sal dalk bietjie beter werk, maar hierdie een doen sy ding.
 
 
Hierdie is wat ek gewoonlik binne-in het:
 
 
Wat nie op die foto is nie:
Bottel Water
Beursie
Foon
 
Dalk tande beskuitjies as ek weet ons gaan winkels toe vir n rukkie
 
Goed wat los is:
Dun Kombersie
"Breastfeeding Cover"
Spoegdoek
Sakkies vir doeke
Hoedjie
Speelding
 
Groot sak:
4 doeke
Wipes
2 "Disposable changing mats"
Boud salfies
 
Middel sak:
Skoon klere kort en lang-mou
2 bibs
Sokkies
Ziplock sakkie vir siesa klere
 
Klein sakkie: (Mamma sakkie)
"Breastpads"
Kougom
Sonroom
Baba room
Tande salfies
"Softlips"
 
Dis dit - dit sal heel moontlik nou verander, aangesien ons met kossies begin het. Hoop dit help nuwe Mammas en ek hoop die Mammas met meer ondervinding kon lekker lag vir my 'groot trek.'
 
Sien julle gou weer met fototjies van Lené.