Lené het al vir 'n week Namibiese Burgerskap. Die prentjie hierbo is uit my dagboek en dit is sommer net 'n sketsietjie. Ons het vir lank dit self probeer uitsorteer en die 1ste Maart het ek dit vir Liewe Jesus gegee. Hy het dit al lankal onder beheer. Soms moet ons net besef alles is in Sy hande. Ons wag nou vir papiere om 'n paspoort vir Lené te kry en dan kom kuier ons in Mei. Vir LANK!
Ek mis huis!
Ons week saam met Manlief:
'n Slapende Skoonheid:
Sy woeker nou al:
Badtyd giggeltjies:
Hierdie is die foto wat ek sal gebruik om hulle verhoudingtjie op te som. Sy lag meeste van die tyd wanneer hulle speel en sy wil altyd giggel wanneer hulle vir mekaar ogies maak.
Sommer net omdat:
Aangesien ek altyd agter die kamer is het ek die kamera vir Wolf gegee om 'n fototjie van ons te neem.
Die week wat verby is het ons bietjie gaan inkopies doen, gaan swem, na 'n 3 jarige se partytjie toe gegaan en by vriende op 'n plot gaan kuier wat die mooiste huisie daar gebou het.
Sien julle gou weer!
:)
No comments:
Post a Comment