Monday, 28 April 2014

29 Weke Swanger

Volgende week vaar ons in die 30's in!
Die "due date" is die
15de Julie 2014
Ons sal sien of babatjie dan kom!
My mamma land die 3de of 4de, eks nie seker nie.
 
Goed,
Hierdie week was glad nie dol nie, ek het lekker gekuier met 'n paar oulike mammas en ook met 'n vriendinnetjie wat nog geen kindertjies het nie.
 
 
Ek het vir my 2 slaapbroeke gekoop:
Die een het 'n blou strukkie en die ander 'n pienk een.
 
 
Hierdie week het ek nie regtig ge-bak-en-brou nie, al wat ek gemaak het was ietsie uit 'n boksie:
"Brownies" - vir Mornings for Mothers,
dis 2 keer 'n maand, 'n oggend wat ons kerk aanbied, ek het bietjie gaan help vanoggend,
dit was lekker!
Ek het so paar blokkies vir Manlief gebere,
hy kom venaand huistoe! :)
 
 
Ek is ook besig om nou 'n Smoothie te drink
met: Mango, Appel, Piesang en Lemoen-sap in!
 
 

Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Botterskorsie! (Is dit vreemd dat ek nou aan my ma se botterskorsie-sop dink?)
 
Hoogtepunt van die week: Ons 2 was dokter toe vir ons 28week afspraak en alles gaan goed met ons altwee! Ons altwee groei en babatjie se hartjie is sterk!
 
Beweging: Vreeslik baie, ek geniet dit en kan verstaan hoekom vroumense se hulle mis dit na geboorte.
 
Drange: Niks! Is dit nie net 'n verskoning ding nie? :)
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Wel, ek het nie regtig rou vleis naby my gehad nie, so ek weet nie of dit dalk ietsie is nie, maar ek voel goed!
 
Slaap: Ek het hierdie week HEERLIK geslapies! My pensie le op die bed en ek hoef nie eers meer 'n kussing onder my te sit nie. Ek hoop dit hou aan vir so paar weke.
 
Emosies: Vrolik! :)
 
Energie: Die energie vlakke is STEEDS 100%
 
Lyfie: Om eerlik te wees - ek het hierdie hulle idee gehad van swangerskap, dat dit iets gaan wees wat ek baie gaan geniet en ek gaan net BLOM as 'n dame. In werklikheid sukkel ek bietjie met die idee dat ek my lyf met iemand deel, niemand vertel mens die goed nie!
 
Om swanger te wees is nie sleg nie, dit is spesiaal, dis net anders as my droom-verlore prentjie. Dis al.
 
My lyfie is gesond, ek tel genoeg gewig op en het steeds nie sooibrand of swelling nie! My naeltjie is defnitief nie meer in nie, maar ook nie heeltemal uit nie, so half en half!
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Ons het 'n gesonde, slim, aantreklike babatjie wat in my groei!
 
Baba kopies:
 
Ek het nie regtig vreeslike oulike goed hierdie week gekoop nie, maar ek het wel 'n paar goetertjies gekoop soos:
 
 
 
 

Dis dit vir eers! Ons het genoeg klere tot 3mnde, so nou is dit 3-6 mnd kleertjies wat ons eers oor 'n rukkie nodig gaan he! 
 
29 Week Magie:

Ek het hierdie week NIE 'n swart hemp aan nie!
Ek het hierdie hempie by 'n vriendin gekry.
 

 
Lekker week vir julle!
:)

Monday, 21 April 2014

28 Weke Swanger

More More!
04:30 het ons eerste alarm vanoggend af gegaan!
Manlief is meer as 'n 1000km weg
ek en baba is rustig!
 
Ek wil sommer net jammer se, met die inspring slag vir die gebrek aan hierdie week se fotos! Ek moet dit nog 'n gewoonte maak om die kamera saam te dra, net vir julle!
 
Hoe was paasnaweek?
 
Wolf het Donderdag gaan werk, hy gaan werk gewoonlik Vrydae. Die dae toe hy by die huis was het sommer vir my meer gevoel.
(Engel, ek dink Donderdae werk vir my)
 
Hy lees my blog, want hy is SO oulik!
 
Ons was Vrydag kerktoe en het toe gaan piekniek hou by die 'Rotary Park in Wanneroo' - daar is baie oulike speelrame en daar is beskerming van Mr. Son! Gaan loer bietjie daar indien jy klein kinders het en in Perth bly.
 
Saterdag het ons vriende by die 'Synergy parkland' in 'Kings Park' gekry ook vir 'n piekniek en amper heeldag daar spandeer. Daar is groot speelrame en gras-groen-gras! Hulle het 2 meisiekinders. Die jongste een is net onder 2 en sy het skoene aan gehad wat squeek - eks mal daaroor! Daar was ook 'n rede vir die squeek, dis om kinders te help om op hulle voete te loop ipv hulle tone!
 
Sondag was ons kerktoe en ons het toe by 'Leopard Lodge' gaan eet vir 'n vriendin se 30ste! Kos was lekker. Hulle het ook klomp Suid-Afrikaanse koeldrankies en kos soos mieliepap ens.
 
Maandag was ons na 'n 1-jarige se verjaarsdag partytjie & tatta se aangesien hulle gesinnetjie trek, hulle is besig met 'n nuwe avontuur!
 
Dis dit!
 
Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Eiervrugie!
 
Hoogtepunt van die week: Ek het vanoggend met 'n skok besef dat ek dol verlief is op my man, steeds! (Ek weet ons is jonk getroud, maar die ding is, eks meer verlief op hom nou, meer as ooit) Hy is so goed vir my en ons geniet die tydjies saam. Daar is ongelukkig mense wat nie so voel oor hulle mans nie. Dis hartseer!
 
Beweging: Vanoggend het Manlief aan my maag gevat met yskoue hande en babatjie het omtrent 'n groot skop/boks gegee! Glad nie beindruk met Pappa nie. 
 
Babatjie beweeg nou meer gereeld. Dis heerlik!  
 
Drange: Niks! :)
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Rou vleis; Wolf braai vleis op die gas braaier buite, hy help my so baie! Hy het vir ons die lekkerste hoender borsies gisteraand gemaak!
 
Slaap: Ag dit wissel bietjie, ek sukkel en voel vet. Ek piepie seker 3 keer 'n aand. Ek is spring-lewendig en gesond gedurende die dag, so ek slaap seker genoeg! (Ek slaap maklik van 9uur tot 8uur) :)
 
Emosies: Steeds stabiel-erig. Ek word bietjie omgekrap deur dingetjies, maar dis maar dieselfde as voor ons swanger geraak het. Dalk klein bietjie meer?
 
Energie: Die energie vlakke is 100%
 
Lyfie: Ek voel soos 'n broeikas, nie meer soos 'n vroutjie nie. Eks nie mal daaroor nie, dis asof my lyf nie meer my eie is nie. Ek geniet die babatjie, maar hierdiie liggaam-deel-storie is nie vir my altyd aangenaam nie. 
 
Ek het weer begin rug pyne kry, dink goeters raak bietjie swaar! So ons het vir my 'n warm-sak gekoop wat mens in die mikrogolf kan gooi. Dit werk en my handige man het my ruggie met salfies gesmeer. (Ek is so bederf) 
 
Ek het geen sooibrand, swelling of sulke goed gehad nie. Eks dankbaar daarvoor! 
 
My naeltjie kan ook nie besluit of hy in of uit wil wees nie? Dis meer in as uit, ek dink nie dit gaan lank hou nie.
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Ons het 'n bed vir my ouers gekry, ons gaan sommer een by iemand leen. :)
 
Babakamer:
 
Ek het niks vir baba/babakamer gekoop hierdie week nie. Ons het al meeste van die basiese goetertjies. Ons het gister gepraat oor wat ons nog nodig het, dis net so paar goetertjies, nie vreeslike groot goed nie.
 
Ek sal graag 'n spesiale stoel wil he, maar ons het darem nog baie tyd!
 
Magie vir 28 weke:
 
 
Ek het my haartjies laat knip, ek weet nog nie lekker hoe ek daaroor voel nie, maar nou ja. Wolf hou daarvan en ek sal bietjie meer moeite moet doen, wat goed is!
Wat dink julle?
 
 
Ek werk vandag in 'North & South Traders' wat in 'n koffie winkel verander het, so ek sal my alie in rat moet kry.
 
More is dit ek en bloedtoetse en dis dit vir eers.
 
Lekker week vir julle! :)
 
 


Monday, 14 April 2014

27 Weke Swanger

Hier's ek weer!
Hier's ek weer!
Met my boepens op jou skerm!
 
 
Hierdie week was goed. Ek het 'n "Mornings for Mothers" groepie bygewoon en het suurlemoen kolwyntjies gebak:
 
 
 
Dis 'n baie maklike resep, hier is dit!
 
Ek het ook ietsie vir ons kaal huis geverf - met swartbord verf:
 
 
 
Ek het hierdie in die rekenaar-kamer gesien en dit op my bedkassie gesit, sodat my "chargers" nie meer op die vloer le nie! (Babatjie raak woelig wanneer ek myself vou)
 
 
Ek het 'n simpel voorgeskrewe boek klaar gelees en 'n taak daaroor gedoen!
 
Ek het bietjie gekuier by mense en sommer net tyd alleen spandeer, wat goed en lekker is!
 
Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Koolraap! Dit klink na 'n vreeslike ding!
 
Hoogtepunt van die week: Ek het vir 2 ure met my moeder geskype en baie met haar gesels, dis tog te lekker! En Manlief is op 'n vroeer vlug vandag, so ek kan hom so bietjie vroeer gaan optel! :)
 
 
Beweging: Baie meer gereeld! Veral wanneer ek lank sit.
 
Drange: Ek was soet hierdie week! ;)
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Steeds rou vleis.
 
Slaap: Ek word nogal vroeg wakker gemaak deur babatjie. Wanneer ek slaap, slaap ek lekker.
 
Emosies: Beter. Stabiel-erig.
 
Energie: Dit was toe nie nodig om so baie middag slapies te vat soos ek gedink het nie. Eks in die aande vroegerig moeg, maar dis nie so erg nie.
 
Lyfie: Ek kry bietjie maag krampies. (Nie te erg)
Ek het so paar swart haartjies op my maag wat grous is, seker hormone. Ek het hulle afgeskeer. Hiehie.
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat ons 'n winter-babatjie gaan he en nie in warm weer 'n warm babatjie hoef rond te dra nie. Ek raak skoon opgewonde wanneer ek kombersies in die winkels sien. 
 
 Baba-kamer:
 
Ek het die skilderye so bietjie verander deur 'n lintjie op te plak, dit lyk bietjie vreemd, maar ek hou daarvan:
 
 

Die fotos is bietjie donker.
 
Ek het niks anders vir die kamer gekoop nie! Ek het wel iets gekoop wat die geslag van die babatjie weggee, so ek kan dit nou nie met julle deel nie.
 
Magie vir 27 weke:
 
 
Hierdie is hoe my gesig lyk:
Ek dog ek deel sommer net 'n foto aangesien ek altyd agter die kamera wegkruip.
 
 
Daarsy!
Lekker week vir julle lieflike lesers. :)
 
 
 
 
 


Monday, 7 April 2014

26 Weke Swanger

Hierdie week is die laaste week van die 2de trimester,
tyd gaan hopeloos te vinnig verby, genugtig!
 
Hierdie week was glad nie so bedrywig soos ander nie,
ek het 'n taak van 8 bladsye voltooi en in gestuur
Manlief is besig om vir ons 'n tv kas te bou.
 
Ek het nie regtig ietsie lekker gebak nie, wat ek wel gedoen het was... gisteraand het ek vir ons 'n "stew" gemaak met groente en goed wat in die huis is, ek het aartappels, wortels, uie, boompies, hoender en pers kool in die stoompot gegooi en nooit gedink dat alles pers gaan wees nie. Dit het lekker geproe, maar bietjie vreemd gelyk, pers hoender, pers sous, pers alles. (Dog ek deel sommer my glipsie met julle)
 
Wolf het vir my iewers hierdie week tv toe geroep en gese ek moet gou kyk na 'n advertensie. Ek wag toe geduldig vir hierdie advertensie en raai wat was dit? 'n Hotcross bun met Nutella in. Ek kon nie ophou daaraan dink nie. Dit is toe wat ons die volgende oggend gaan koop het:
 
 
Indien jy dit nog nie probeer het nie, gaan koop vir jou die 2 "bestandele" en proe bietjie.
 
 My liefling Moedertjie het vir my so rukkie terug verduidelik wat hulle met ons gedoen het. Toe ons in my ma se magie was het hulle 'n flits op ons geskyn en gewag tot ons rond beweeg. Ek was eers bietjie ontsteld dat hulle ons so wreed wakker gemaak het, maar ek het besluit om dit te probeer:
 
 
 
Dit werk, babatjie het rond gewoel!
 
Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Blaarslaai, babatjie weeg nou net onder 'n kilo, dis vreemd om te dink in die laaste 14 weke wat oor is moeg babatjie meer as 2 kilos optel.
 
Hoogtepunt van die week: Ons het gaan pizza (wat ek gemaak het) eet in 'n parkie toe dit al donker was, ons het net bietjie gesels en het die bymekaar wees geniet.
 
Beweging: Babatjie is woelig! Ek kan sien hoe hop my maag wanneer ek le.
 
Drange: Hotcross Buns met Nutella (ek dink dit is sommer net bederf wees, dis versekerlik nie iets wat babatjie NODIG het nie)
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Rou hoender, siesa!
 
Slaap: Heerlik, met daardie kussing en my Man langs my!
 
Emosies: Ag ek is bietjie huilerig, dis ook okei, dink dit stap hand-aan-hand met moegheid.
 
Energie: Moegheid is besig om terug te kom. Ek raak in die aande voor die tv aan die slaap en is lus vir middag slapies. Ek dink ek sal so elke 2de middag een probeer vat indien ek moeg is.
 
Lyfie: My rug-pyn is so te se weg! Eks seker dit is daardie kussing!
 
Hierdie is dalk 'n bietjie teveel informasie, maar my borste is die afgelope paar dae gevoelig.
 
My hempde trek op so ek het besluit om dalk vir my 'n paar hempies aan te skaf.
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat my Mamma oor minder as 3 maande reeds hier is! Ons het die visa papiere vir haar gestuur en nou moet sy net kom!
 
Inkopies:
 
Ek het nie regtig vreeslik goed gekoop nie, ek was vanoggend in die winkels en het 3 wit wessies gekoop wat mens onder klere kan aantrek en ook hierdie "wipes" kassie vir die doekesak:
 
 
Ek het vir my die "Supernatural Childbirth" boek gekoop en is besig om hom deur te werk! Dit is opwindend en ek en Manlief gesels ook lekker oor dinge wat hulle daarin se.
 
Ons het ook gesels oor hoe dit gaan wees om 'n babatjie in die winter te he, waar ons onder kombersies gaan le en in die bed bly vir 'n groot gedeelte van die dag en net hierdie wonderwerkie bewonder.
 
Magie vir 26 weke:
 
 
Lekker week! :)