Hier's ek weer!
Hier's ek weer!
Met my boepens op jou skerm!
Hierdie week was goed. Ek het 'n "Mornings for Mothers" groepie bygewoon en het suurlemoen kolwyntjies gebak:
Dis 'n baie maklike resep, hier is dit!
Ek het ook ietsie vir ons kaal huis geverf - met swartbord verf:
Ek het hierdie in die rekenaar-kamer gesien en dit op my bedkassie gesit, sodat my "chargers" nie meer op die vloer le nie! (Babatjie raak woelig wanneer ek myself vou)
Ek het 'n simpel voorgeskrewe boek klaar gelees en 'n taak daaroor gedoen!
Ek het bietjie gekuier by mense en sommer net tyd alleen spandeer, wat goed en lekker is!
Vragies:
Grote van babatjie: 'n Koolraap! Dit klink na 'n vreeslike ding!
Hoogtepunt van die week: Ek het vir 2 ure met my moeder geskype en baie met haar gesels, dis tog te lekker! En Manlief is op 'n vroeer vlug vandag, so ek kan hom so bietjie vroeer gaan optel! :)
Beweging: Baie meer gereeld! Veral wanneer ek lank sit.
Drange: Ek was soet hierdie week! ;)
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Steeds rou vleis.
Slaap: Ek word nogal vroeg wakker gemaak deur babatjie. Wanneer ek slaap, slaap ek lekker.
Emosies: Beter. Stabiel-erig.
Energie: Dit was toe nie nodig om so baie middag slapies te vat soos ek gedink het nie. Eks in die aande vroegerig moeg, maar dis nie so erg nie.
Lyfie: Ek kry bietjie maag krampies. (Nie te erg)
Ek het so paar swart haartjies op my maag wat grous is, seker hormone. Ek het hulle afgeskeer. Hiehie.
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat ons 'n winter-babatjie gaan he en nie in warm weer 'n warm babatjie hoef rond te dra nie. Ek raak skoon opgewonde wanneer ek kombersies in die winkels sien.
Baba-kamer:
Ek het die skilderye so bietjie verander deur 'n lintjie op te plak, dit lyk bietjie vreemd, maar ek hou daarvan:
Die fotos is bietjie donker.
Ek het niks anders vir die kamer gekoop nie! Ek het wel iets gekoop wat die geslag van die babatjie weggee, so ek kan dit nou nie met julle deel nie.
Magie vir 27 weke:
Hierdie is hoe my gesig lyk:
Ek dog ek deel sommer net 'n foto aangesien ek altyd agter die kamera wegkruip.
Daarsy!
Lekker week vir julle lieflike lesers. :)
No comments:
Post a Comment