Monday, 7 April 2014

26 Weke Swanger

Hierdie week is die laaste week van die 2de trimester,
tyd gaan hopeloos te vinnig verby, genugtig!
 
Hierdie week was glad nie so bedrywig soos ander nie,
ek het 'n taak van 8 bladsye voltooi en in gestuur
Manlief is besig om vir ons 'n tv kas te bou.
 
Ek het nie regtig ietsie lekker gebak nie, wat ek wel gedoen het was... gisteraand het ek vir ons 'n "stew" gemaak met groente en goed wat in die huis is, ek het aartappels, wortels, uie, boompies, hoender en pers kool in die stoompot gegooi en nooit gedink dat alles pers gaan wees nie. Dit het lekker geproe, maar bietjie vreemd gelyk, pers hoender, pers sous, pers alles. (Dog ek deel sommer my glipsie met julle)
 
Wolf het vir my iewers hierdie week tv toe geroep en gese ek moet gou kyk na 'n advertensie. Ek wag toe geduldig vir hierdie advertensie en raai wat was dit? 'n Hotcross bun met Nutella in. Ek kon nie ophou daaraan dink nie. Dit is toe wat ons die volgende oggend gaan koop het:
 
 
Indien jy dit nog nie probeer het nie, gaan koop vir jou die 2 "bestandele" en proe bietjie.
 
 My liefling Moedertjie het vir my so rukkie terug verduidelik wat hulle met ons gedoen het. Toe ons in my ma se magie was het hulle 'n flits op ons geskyn en gewag tot ons rond beweeg. Ek was eers bietjie ontsteld dat hulle ons so wreed wakker gemaak het, maar ek het besluit om dit te probeer:
 
 
 
Dit werk, babatjie het rond gewoel!
 
Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Blaarslaai, babatjie weeg nou net onder 'n kilo, dis vreemd om te dink in die laaste 14 weke wat oor is moeg babatjie meer as 2 kilos optel.
 
Hoogtepunt van die week: Ons het gaan pizza (wat ek gemaak het) eet in 'n parkie toe dit al donker was, ons het net bietjie gesels en het die bymekaar wees geniet.
 
Beweging: Babatjie is woelig! Ek kan sien hoe hop my maag wanneer ek le.
 
Drange: Hotcross Buns met Nutella (ek dink dit is sommer net bederf wees, dis versekerlik nie iets wat babatjie NODIG het nie)
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Rou hoender, siesa!
 
Slaap: Heerlik, met daardie kussing en my Man langs my!
 
Emosies: Ag ek is bietjie huilerig, dis ook okei, dink dit stap hand-aan-hand met moegheid.
 
Energie: Moegheid is besig om terug te kom. Ek raak in die aande voor die tv aan die slaap en is lus vir middag slapies. Ek dink ek sal so elke 2de middag een probeer vat indien ek moeg is.
 
Lyfie: My rug-pyn is so te se weg! Eks seker dit is daardie kussing!
 
Hierdie is dalk 'n bietjie teveel informasie, maar my borste is die afgelope paar dae gevoelig.
 
My hempde trek op so ek het besluit om dalk vir my 'n paar hempies aan te skaf.
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat my Mamma oor minder as 3 maande reeds hier is! Ons het die visa papiere vir haar gestuur en nou moet sy net kom!
 
Inkopies:
 
Ek het nie regtig vreeslik goed gekoop nie, ek was vanoggend in die winkels en het 3 wit wessies gekoop wat mens onder klere kan aantrek en ook hierdie "wipes" kassie vir die doekesak:
 
 
Ek het vir my die "Supernatural Childbirth" boek gekoop en is besig om hom deur te werk! Dit is opwindend en ek en Manlief gesels ook lekker oor dinge wat hulle daarin se.
 
Ons het ook gesels oor hoe dit gaan wees om 'n babatjie in die winter te he, waar ons onder kombersies gaan le en in die bed bly vir 'n groot gedeelte van die dag en net hierdie wonderwerkie bewonder.
 
Magie vir 26 weke:
 
 
Lekker week! :)
 


No comments:

Post a Comment