Monday, 21 April 2014

28 Weke Swanger

More More!
04:30 het ons eerste alarm vanoggend af gegaan!
Manlief is meer as 'n 1000km weg
ek en baba is rustig!
 
Ek wil sommer net jammer se, met die inspring slag vir die gebrek aan hierdie week se fotos! Ek moet dit nog 'n gewoonte maak om die kamera saam te dra, net vir julle!
 
Hoe was paasnaweek?
 
Wolf het Donderdag gaan werk, hy gaan werk gewoonlik Vrydae. Die dae toe hy by die huis was het sommer vir my meer gevoel.
(Engel, ek dink Donderdae werk vir my)
 
Hy lees my blog, want hy is SO oulik!
 
Ons was Vrydag kerktoe en het toe gaan piekniek hou by die 'Rotary Park in Wanneroo' - daar is baie oulike speelrame en daar is beskerming van Mr. Son! Gaan loer bietjie daar indien jy klein kinders het en in Perth bly.
 
Saterdag het ons vriende by die 'Synergy parkland' in 'Kings Park' gekry ook vir 'n piekniek en amper heeldag daar spandeer. Daar is groot speelrame en gras-groen-gras! Hulle het 2 meisiekinders. Die jongste een is net onder 2 en sy het skoene aan gehad wat squeek - eks mal daaroor! Daar was ook 'n rede vir die squeek, dis om kinders te help om op hulle voete te loop ipv hulle tone!
 
Sondag was ons kerktoe en ons het toe by 'Leopard Lodge' gaan eet vir 'n vriendin se 30ste! Kos was lekker. Hulle het ook klomp Suid-Afrikaanse koeldrankies en kos soos mieliepap ens.
 
Maandag was ons na 'n 1-jarige se verjaarsdag partytjie & tatta se aangesien hulle gesinnetjie trek, hulle is besig met 'n nuwe avontuur!
 
Dis dit!
 
Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Eiervrugie!
 
Hoogtepunt van die week: Ek het vanoggend met 'n skok besef dat ek dol verlief is op my man, steeds! (Ek weet ons is jonk getroud, maar die ding is, eks meer verlief op hom nou, meer as ooit) Hy is so goed vir my en ons geniet die tydjies saam. Daar is ongelukkig mense wat nie so voel oor hulle mans nie. Dis hartseer!
 
Beweging: Vanoggend het Manlief aan my maag gevat met yskoue hande en babatjie het omtrent 'n groot skop/boks gegee! Glad nie beindruk met Pappa nie. 
 
Babatjie beweeg nou meer gereeld. Dis heerlik!  
 
Drange: Niks! :)
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Rou vleis; Wolf braai vleis op die gas braaier buite, hy help my so baie! Hy het vir ons die lekkerste hoender borsies gisteraand gemaak!
 
Slaap: Ag dit wissel bietjie, ek sukkel en voel vet. Ek piepie seker 3 keer 'n aand. Ek is spring-lewendig en gesond gedurende die dag, so ek slaap seker genoeg! (Ek slaap maklik van 9uur tot 8uur) :)
 
Emosies: Steeds stabiel-erig. Ek word bietjie omgekrap deur dingetjies, maar dis maar dieselfde as voor ons swanger geraak het. Dalk klein bietjie meer?
 
Energie: Die energie vlakke is 100%
 
Lyfie: Ek voel soos 'n broeikas, nie meer soos 'n vroutjie nie. Eks nie mal daaroor nie, dis asof my lyf nie meer my eie is nie. Ek geniet die babatjie, maar hierdiie liggaam-deel-storie is nie vir my altyd aangenaam nie. 
 
Ek het weer begin rug pyne kry, dink goeters raak bietjie swaar! So ons het vir my 'n warm-sak gekoop wat mens in die mikrogolf kan gooi. Dit werk en my handige man het my ruggie met salfies gesmeer. (Ek is so bederf) 
 
Ek het geen sooibrand, swelling of sulke goed gehad nie. Eks dankbaar daarvoor! 
 
My naeltjie kan ook nie besluit of hy in of uit wil wees nie? Dis meer in as uit, ek dink nie dit gaan lank hou nie.
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Ons het 'n bed vir my ouers gekry, ons gaan sommer een by iemand leen. :)
 
Babakamer:
 
Ek het niks vir baba/babakamer gekoop hierdie week nie. Ons het al meeste van die basiese goetertjies. Ons het gister gepraat oor wat ons nog nodig het, dis net so paar goetertjies, nie vreeslike groot goed nie.
 
Ek sal graag 'n spesiale stoel wil he, maar ons het darem nog baie tyd!
 
Magie vir 28 weke:
 
 
Ek het my haartjies laat knip, ek weet nog nie lekker hoe ek daaroor voel nie, maar nou ja. Wolf hou daarvan en ek sal bietjie meer moeite moet doen, wat goed is!
Wat dink julle?
 
 
Ek werk vandag in 'North & South Traders' wat in 'n koffie winkel verander het, so ek sal my alie in rat moet kry.
 
More is dit ek en bloedtoetse en dis dit vir eers.
 
Lekker week vir julle! :)
 
 


No comments:

Post a Comment