Tuesday, 24 June 2014

37 Weke Swanger

"The wheels on the bus go round and round..."
 
Vir die van julle wie nie weet nie, dit is 'n kinder liedjie.
Ek voel effens soos 'n bus en het bewyse wat volg:
 


 
Ek is getroud! ;)

 
Hierdie week was bietjie dol, ons het 'n dokters-afspraak gehad
voorgeboorte-klasse maal 2
2jarige se verjaarsdag partyjie
huis inspeksie
 
En Manlief is besig om vir my 'n tafel te bou, dit is so te se klaar, ek is MAL daaroor, ek sal 'n fototjie opsit sodra dit in ons kamer staan.
 
Vragies:
 
Grote van babatjie: winter waatlemoen, ons lyfie weeg nou 2.8kg volgens die sonar.
 
Hoogtepunt van die week: Ons het ons meisiekind se gesiggie gesien in 3D en sy is pragtig, sy het haartjies en het gefrons! (Ek het bietjie klein gemeet, toe het die "Midwife" ons gestuur vir 'n sonar.)
 
Beweging: Ons dogtertjie is woelig, sy is in die regte posisie en wag geduldig tot sy mag uitspring.
 
Drange: Nie regtig nie. Ons het bietjie roomys geniet, net omdat ons kan, dit is koud in die aande, so die roomys het nie tyd om vet te maak nie.
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Ek was so paar keer naar, vir geen rede nie, maar dit was nie baie nie.
 
Slaap: In die oggende is dit 6'C wanneer ons opstaan, so julle kan jul verbeel hoe erg dit is om ten minste 2 keer deur die aand op te staan, want IEMAND druk my blaas pap. Ek slaap lekker, met my mens verwarmer wat my vashou (manlief) :)
 
Emosies: Hahaha! Warwoel! Arme Wolf, hy het 'n tjank-balie vrou wat sommer huil oor niks. Gelukkig nie die heeltyd nie.
 
Energie: Mmm... Eks nie seker nie, ek is bietjie moeg, maar dit is nie die ergste nie, ek gaan venaand hond uit 'n bos uit slapies.
 
Lyfie: Wat 'n grap, ek voel soos 'n bus, ek lyk ook soos een, ek wonder hoe dit gaan wees wanneer ek nie meer swanger is nie. My lyf sal seker leeg voel, want dit voel beslis vol op die oomblik!
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Ons het 'n bed vir my ma geleen by mense, maar nog nie kans gehad om dit op te tel nie, Saterdag het die ou gebel en gevra of hy dit nie kan aflaai nie, want hy het 'n bakkie gehuur vir die dag. Wat 'n seening, ons het nou een minder ding om te doen. 
 
Ons het ook die voorgeboorte-klasse gedoen, Vrydag en Maandag en dit is ook nou agter die rug. Ons altwee het baie geleer en weet nou soortvan wat om te verwag. Dit was goed.

37 Weke Magie:
 

 
Ek het besluit om die skilderye in babatjie se kamer te verander, die ander was net bietjie eenvoudig en het dit nie vir my gedoen nie, so nou probeer ek ietsie anders, dit is nog ver van klaar af, maar ek het al begin: (dit is 'n bokkie)
 
 
Dit is dit vir eers,
geniet die winter-weer.
:)
 
 
 
 
 

Tuesday, 17 June 2014

36 Weke Swanger

Dagse!
 
Eksamen is uiteindelik verby, en die wolke het ingerol, dit reen al omtrent heeldag lank. Ek gaan haal later vir Manlief by die lughawe en slaap venaand in sy arms terwyl die druppels neerval.
 
Hierdie week was vreeslik rustig, ek was Saterdag na 'n vroutjie se ooievaars-tee toe en verder het ek net die normale goetertjies gedoen.
 
Ek en Wolf gaan Woensdag vir die 36 weke dokters afspraak
daarna moet ek my hospitaal sak pak,
ek het 'n paar goetertjies kry vir my ooievaars-tee
ons moet nog 'n bed gaan optel
dan is ons reg vir wat kom in Julie! :)
 
Vragies:
 
Grote van babatjie: Spanspek
 
Hoogtepunt van die week: Ek is klaar met eksamen :)
 
Beweging: Baie, die bewegingtjies voel ook anders, mens kan die vorm van die liggaams-deel voel wat beweeg. Dit laat mens besef dat daar 'n regte mense binne mens is.
 
Drange: Nie regtig nie.
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Niks hierdie week nie!
 
Slaap: Geen probleem, veral nou dat dit heerlik reen wanneer ons gaan slapies.
 
Emosies: Ek gaan eerder nie daaroor gesels nie, hulle is bietjie op 'n tuimeltrein!
 
Energie: Ek raak vinnig moeg, maar dit is glad nie erg nie.
 
Lyfie: Rond en gesond, sooibrand raak bietjie erger en meer gereeld, maar niks wat ek en Gaviscon nie kan hanteer nie. :)
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Wolf het sopas vir ons die karstoeltjie in die kar in gebou, dit is vreemd om te dink ons gaan vir die volgende paar jaar met iemand agter-in rondry, dis nie nou meer net ons 2 nie, ons het nou 'n gesinnetjie.

Magie op 36 weke:

 
 
 
Ek het nou my eie tafeltjie!
Baie handig!
:)




 
 


Tuesday, 10 June 2014

35 Weke Swanger

Haai daar!
 
Ek gaan nou ophou die weke aftel, want dit raak nou hopeloos te min.
Manlief was by die huis hierdie week en ons het bietjie 'n "rond-ry-daggie" gehad, ons het besluit om swan valley toe te gaan en sommer net daar rond te ry. Hier is 'n paar kiekies daarvan:
 
 
Ons het by die swan valley sjokolade plekkie gestop vir ietsie om te eet en te drink, ek het hierdie "Smooth caramel hot chocolate" bestel, dit was baie lekker, stroop-soet, maar heerlik!

 
 
 
 
 
Ons was ook hier:
 

Ons het die oulike fototjies geneem met 'n asemrowende agter-grond:
 
 


 
Ek kan nog plat op die grond sit om plantjies af te neem! :)

 
Ek was vanoggend by 'Mornings for Mothers,' daar was 'n vroutjie wat vir ons gewys het hoe om hierdie te maak, sy het voorgestel dat mens dit vir 'n vriendin maak met 'n paar goetertjies wat jy van daardie vriedin hou op die papiertjie. Dit is moes die gedagte wat tel?
 

Vragies:
 
Grote van babatjie: "Coconut" - Ek weet nie wat dit in Afrikaans is nie?
 
Hoogtepunt van die week: Sondag se uitstappie Swan Valley toe.
 
Beweging: Ek dink defnitief dat hierdie babatjie nou bietjie beknop voel daar binne. Sy is vreeslik besig en ek geniet dit. Sy het ook my ribbes ontdek, wat bietjie vreemd voel.
 
Drange: Nie regtig nie.
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Niks hierdie week nie!
 
Slaap: Die sooibrand sakie is opgelos deur net 'n klein ete te eet in die aande en met 2 kussings te slaap. Babatjie beweeg meer in die aande, maar niks om oor te kla nie.
 
Emosies: Ek dink alles is normaal.
 
Energie: Net klein bietjie minder, maar nie vreeslik nie.
 
Lyfie: Eks dol gelukkig! Tel lekker gewig op en voel bietjie beperk, maar dit is normaal. Ek het net 'n paar stukkies klere wat pas, maar dis nie die ergste nie. Ek en my lyf het nou vrede gemaak. :)
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat Manlief vandag gehoor het hy het net hierdie 'swing' en 'n halwe een oor. Dan is hy by die huis vir 6weke. Dit gaan so goed wees om bietjie 'n normale lewe te leef terwyl babatjie nog pap is!
 
35 week magie:
 


Mooi rond ne?
Lekker week vir julle. :)
 

 
 
 

Tuesday, 3 June 2014

34 Weke Swanger

6 Weke oor!
Genugtig!
Hierdie week was rustig, dit was ys-koue sokkie-weer.
Ek het beskuit gebak
en fudge in die mikrogolf gemaak,
nou is ons reg vir rustige oggend teetjies.
 
Ek was vandag vir die laaste keer na ons "huis" dokter toe, van nou af gaan ons elke 2de week na die plek waar ek die babatjie gaan aflewer. ;)
(Kraam klink nie vir my vreeslik lekker nie, so ek het die Engelse woord direk vertaal)
Dit is 'n geboorte sentrum hier in Perth so 30km van ons huisie af.
 
O, ek het ook al die ooievaars-tee uitnodigings klaar gemaak en ook koevertjies gemaak vir hulle, ek het besluit ons gaan dit hou wanneer my mamsie hier is, sodat sy dit kan bywoon. So dit is 10 dae voor babatjie se "due date."
 
Hier is die kaartjies, ek het nog nie een afgelewer nie, so julle sien dit eerste:
 

 
Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Spanspekkie!
 
Hoogtepunt van die week: Ek het Saterdag die heel dag saam met 'n vriendin spandeer wie se man ook fifo (fly in fly out) doen en ons het so lekker lui dag gehad, dit was heerlik.
 
Beweging: Ek hoef nie nou meer aan my maag te vat om te voel hoe sy beweeg nie, sy is bedrywig en die feit dat 'n mensie in my rond beweeg is vreemd, maar op 'n goeie manier.
 
Drange: Nie regtig nie.
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Niks hierdie week nie!
 
Slaap: Ek het so bietjie gesukkel met die slaap, ek kry sooibrand NET in die aande en dit is baie erg wanneer ek plat le. Ek het met my moeder daaroor gesels en sy het voorgestel dat ek op 2 kussings slaap ipv net 1. Dit help nogal. Dankie Mamsie. :)
 
Emosies: Niks om oor te kla nie.
 
Energie: Ek het 'n klein bietjie minder energie deesdae, maar dis nie te erg nie.
 
Lyfie: Lyfie voel eintlik beter as in die 20s, ek voel nie heel beperk nie en ek dink ek het dalk nou net gewoont geraak aan hierdie groeiende pensie. My rug voel goed, die enigste "probleempie" wat ek nou het is my gesig lyk erg, vol goetertjies, gelukkig kan ek dit toemaak.
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat ons omtrent alles het vir babatjie. Sy is ook in die regte posisie!
 
Ek gaan nie 'n "baba kopies" insit nie, want ons het nie regtig iets gekoop behalwe gewone goed soos doeke nie.
 
Magie vir 34 weke:
 


Daarsy!
Lekker daggie. :)