Dagse!
Eksamen is uiteindelik verby, en die wolke het ingerol, dit reen al omtrent heeldag lank. Ek gaan haal later vir Manlief by die lughawe en slaap venaand in sy arms terwyl die druppels neerval.
Hierdie week was vreeslik rustig, ek was Saterdag na 'n vroutjie se ooievaars-tee toe en verder het ek net die normale goetertjies gedoen.
Ek en Wolf gaan Woensdag vir die 36 weke dokters afspraak
daarna moet ek my hospitaal sak pak,
ek het 'n paar goetertjies kry vir my ooievaars-tee
ons moet nog 'n bed gaan optel
dan is ons reg vir wat kom in Julie! :)
Vragies:
Grote van babatjie: Spanspek
Hoogtepunt van die week: Ek is klaar met eksamen :)
Beweging: Baie, die bewegingtjies voel ook anders, mens kan die vorm van die liggaams-deel voel wat beweeg. Dit laat mens besef dat daar 'n regte mense binne mens is.
Drange: Nie regtig nie.
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Niks hierdie week nie!
Slaap: Geen probleem, veral nou dat dit heerlik reen wanneer ons gaan slapies.
Emosies: Ek gaan eerder nie daaroor gesels nie, hulle is bietjie op 'n tuimeltrein!
Energie: Ek raak vinnig moeg, maar dit is glad nie erg nie.
Lyfie: Rond en gesond, sooibrand raak bietjie erger en meer gereeld, maar niks wat ek en Gaviscon nie kan hanteer nie. :)
Iets waaroor ons dankbaar is: Wolf het sopas vir ons die karstoeltjie in die kar in gebou, dit is vreemd om te dink ons gaan vir die volgende paar jaar met iemand agter-in rondry, dis nie nou meer net ons 2 nie, ons het nou 'n gesinnetjie.
Magie op 36 weke:
Ek het nou my eie tafeltjie!
Baie handig!
:)
Hi Zandria! Big hugs and lots of love from Namibia! So glad to hear that things are going well. You guys are in our prayers and we can't wait to meet the little one :-)
ReplyDeleteNicole & Willem
Hou duime vas vir die laaste stootjie!!
ReplyDelete:)
Your life will never be the same thereafter!!
Maar dis lekker!!