6 Weke oor!
Genugtig!
Hierdie week was rustig, dit was ys-koue sokkie-weer.
Ek het beskuit gebak
en fudge in die mikrogolf gemaak,
nou is ons reg vir rustige oggend teetjies.
Ek was vandag vir die laaste keer na ons "huis" dokter toe, van nou af gaan ons elke 2de week na die plek waar ek die babatjie gaan aflewer. ;)
(Kraam klink nie vir my vreeslik lekker nie, so ek het die Engelse woord direk vertaal)
Dit is 'n geboorte sentrum hier in Perth so 30km van ons huisie af.
O, ek het ook al die ooievaars-tee uitnodigings klaar gemaak en ook koevertjies gemaak vir hulle, ek het besluit ons gaan dit hou wanneer my mamsie hier is, sodat sy dit kan bywoon. So dit is 10 dae voor babatjie se "due date."
Hier is die kaartjies, ek het nog nie een afgelewer nie, so julle sien dit eerste:
Vragies:
Grote van babatjie: 'n Spanspekkie!
Hoogtepunt van die week: Ek het Saterdag die heel dag saam met 'n vriendin spandeer wie se man ook fifo (fly in fly out) doen en ons het so lekker lui dag gehad, dit was heerlik.
Beweging: Ek hoef nie nou meer aan my maag te vat om te voel hoe sy beweeg nie, sy is bedrywig en die feit dat 'n mensie in my rond beweeg is vreemd, maar op 'n goeie manier.
Drange: Nie regtig nie.
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Niks hierdie week nie!
Slaap: Ek het so bietjie gesukkel met die slaap, ek kry sooibrand NET in die aande en dit is baie erg wanneer ek plat le. Ek het met my moeder daaroor gesels en sy het voorgestel dat ek op 2 kussings slaap ipv net 1. Dit help nogal. Dankie Mamsie. :)
Emosies: Niks om oor te kla nie.
Energie: Ek het 'n klein bietjie minder energie deesdae, maar dis nie te erg nie.
Lyfie: Lyfie voel eintlik beter as in die 20s, ek voel nie heel beperk nie en ek dink ek het dalk nou net gewoont geraak aan hierdie groeiende pensie. My rug voel goed, die enigste "probleempie" wat ek nou het is my gesig lyk erg, vol goetertjies, gelukkig kan ek dit toemaak.
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat ons omtrent alles het vir babatjie. Sy is ook in die regte posisie!
Ek gaan nie 'n "baba kopies" insit nie, want ons het nie regtig iets gekoop behalwe gewone goed soos doeke nie.
Magie vir 34 weke:
Daarsy!
Lekker daggie. :)
No comments:
Post a Comment