"The wheels on the bus go round and round..."
Vir die van julle wie nie weet nie, dit is 'n kinder liedjie.
Ek voel effens soos 'n bus en het bewyse wat volg:
Ek is getroud! ;)
Hierdie week was bietjie dol, ons het 'n dokters-afspraak gehad
voorgeboorte-klasse maal 2
2jarige se verjaarsdag partyjie
huis inspeksie
En Manlief is besig om vir my 'n tafel te bou, dit is so te se klaar, ek is MAL daaroor, ek sal 'n fototjie opsit sodra dit in ons kamer staan.
Vragies:
Grote van babatjie: winter waatlemoen, ons lyfie weeg nou 2.8kg volgens die sonar.
Hoogtepunt van die week: Ons het ons meisiekind se gesiggie gesien in 3D en sy is pragtig, sy het haartjies en het gefrons! (Ek het bietjie klein gemeet, toe het die "Midwife" ons gestuur vir 'n sonar.)
Beweging: Ons dogtertjie is woelig, sy is in die regte posisie en wag geduldig tot sy mag uitspring.
Drange: Nie regtig nie. Ons het bietjie roomys geniet, net omdat ons kan, dit is koud in die aande, so die roomys het nie tyd om vet te maak nie.
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Ek was so paar keer naar, vir geen rede nie, maar dit was nie baie nie.
Slaap: In die oggende is dit 6'C wanneer ons opstaan, so julle kan jul verbeel hoe erg dit is om ten minste 2 keer deur die aand op te staan, want IEMAND druk my blaas pap. Ek slaap lekker, met my mens verwarmer wat my vashou (manlief) :)
Emosies: Hahaha! Warwoel! Arme Wolf, hy het 'n tjank-balie vrou wat sommer huil oor niks. Gelukkig nie die heeltyd nie.
Energie: Mmm... Eks nie seker nie, ek is bietjie moeg, maar dit is nie die ergste nie, ek gaan venaand hond uit 'n bos uit slapies.
Lyfie: Wat 'n grap, ek voel soos 'n bus, ek lyk ook soos een, ek wonder hoe dit gaan wees wanneer ek nie meer swanger is nie. My lyf sal seker leeg voel, want dit voel beslis vol op die oomblik!
Iets waaroor ons dankbaar is: Ons het 'n bed vir my ma geleen by mense, maar nog nie kans gehad om dit op te tel nie, Saterdag het die ou gebel en gevra of hy dit nie kan aflaai nie, want hy het 'n bakkie gehuur vir die dag. Wat 'n seening, ons het nou een minder ding om te doen.
Ons het ook die voorgeboorte-klasse gedoen, Vrydag en Maandag en dit is ook nou agter die rug. Ons altwee het baie geleer en weet nou soortvan wat om te verwag. Dit was goed.
37 Weke Magie:
Ek het besluit om die skilderye in babatjie se kamer te verander, die ander was net bietjie eenvoudig en het dit nie vir my gedoen nie, so nou probeer ek ietsie anders, dit is nog ver van klaar af, maar ek het al begin: (dit is 'n bokkie)
Dit is dit vir eers,
geniet die winter-weer.
:)
No comments:
Post a Comment