Tuesday, 29 July 2014

Slapende Skoonheid

Ek sit by ons eetkamer-tafel, wat 3 weke terug net 2 bakke op gehad het,
nou is ek omring deur bottels,
dummies,
die karstoeltjie,
Lené se papiere,
Sy is ook hier langs my in die stootwaentjie
ek drink rooibos
en voel soortvan uitgerus?
(Eks nie so seker hiervan nie - dalk net bietjie meer normaal as laas-week)
 
Hierdie week het ons uiteindelik 'n dummie gekry wat Lené in haar mond hou en wat sy bietjie suig. Ek en my ma het amper begin dans in die kombuis toe sy daaraan begin suig!
 
Die eerste week van Mamma wees was nogal uitdagend,
ek raak nou eers gewoont aan die middernag opstaan sessies
en melk op alles. (ek bedoel ALLES)
 
Ek het bietjie vasgevang gevoel, ek dink dis net omdat dit nie so maklik is om vinnig in die kar te hop en by die winkel in te hardloop nie, die eerste keer wat ek en Moederlief besluit het om winkel toe te gaan het dit LANK gevat om ons almal in die kar te kry - nou vat dit dalk 2min, net omdat ons bietjie geoefen het.
 
Lené slapies heerlik:
 
 
 
 
 
 
My Moedertjie het al 'n paar boeke uitgeneem en sy rus heerlik!
 
 
Ek het 'n pakkie in die pos gekry:
 
 
Ek het 'n vriendin wat kom kuier het nadat ek 3 bosse blomme gekry het en nie een boksie sjokolade nie, toe stuur sy vir my sjokolade, eks so bederf met oulike maatjies hier! :)
 
 
 
 
Dit is dit vir die week!
Soet wees :)
 

Monday, 21 July 2014

Eerste GROOT uitstappie

Lené is vandag 12 dae oud - tyd is besig om verby te vlieg!
 
Manlief het gisteraand vir Lené melkies gegee (met 'n bottel) en haar doek geruil, daarna het sy vir 5ure geslapies, die vorige aand was sy elke 2-3 ure wakker, sy het my omtrent bederf!
 
Ons was die naweek Mandurah toe,
dit is so 100km van ons huis af,
Ons het die groot trek gepak en die pad gevat.
 
Toe ons in Mandurah stop het Lené besluit sy is honger, maar sy wou niks weet van daardie bottel nie:
 
 
Hier borsvoed ons in publiek vir die eerste keer met ons pakkasie:
 
 
Dit het goed gegaan:
 
 
Hier is die grootmense se bederfies:
 
 
 
 
'n Ou oom wat koerant lees, hy lyk so rustig so toe neem ek hom skelmpies af.
 
 
Die res van die week was ons rustig, my Mamsie lees al haar 5de boek.
Ons was Kalahari toe (dit is 'n Afrikaanse koffie winkeltjie)
verder slaap ons
Almal se raad voordat sy gekom het was: "Slaap wanneer baba slaap," ek het gedink daardie raad is belaglik, maar ek het vinnig agter gekom as mens dit nie doen nie, brand mens sommer gou-gou uit.
 
Ons bly lekker laat in ons nag-klere en slaap heerlik, Lené raak net ouliker by die sekonde!

Hierdie is hoe ek gelyk het as 'n babatjie en onder hierdie foto is Lené:

 
 
Ouma Charmaine en Lené gesels:

 
Hier slapies ons te heerlik! :)




 
Lekker week vir julle! :)
 
 
 

Wednesday, 16 July 2014

Lené Poller

Markus 10
 
"Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. En Hy het sy arms om hulle geslaan, Sy hande op hulle gelê en hulle geseën."
 
09 Julie 2014
 
05:00
 
 het ek klein kontraksies begin kry, ek het gedink dit is "oefen kontraksies" en nie die regtes nie. (Ek was verkeerd)
 
Hulle het stelselmatig sterker geraak, ek het die hospitaal gebel en aangesien dit my eerste babatjie is het die tannie oor die foon gesê ek moet weer bel wanneer my kontraksies so 3min uitmekaar uit is en 'n minuut aanhou.
 
14:00
 
Op 4min en 45sekondes het ek weer die hospitaal gebel. Manlief was op 'n kurses so uur van ons huis af, die tannie het toe aangeraai dat Wolf stadig huistoe kom en ons hospitaal se kant toe staan.
 
Ons het vir Wolf by die stasie gaan haal en winkel toe gegaan. Ek het deur die oggend broodjies gemaak en ek en Mamma het gele en boeklees. Die kontraksies het toe bietjie verder uit mekaar beweeg (so 6min) so toe bly ons by die huis en ontspan.
 
 
 
 
 
 
Manlief het die karstoeltjie gelaai en ook "die groot trek" Ons het 3 tassies gehad wat hopeloos teveel was, maar ek het alles gehad wat ek dalkies nodig sou hê en natuurlik nie eers die helfde gebruik nie.
 
23:00
 
Ons het kar se kant toe gestaan en hospitaal toe gery. Daar aangekom en hulle het vir ons 2 (Ek en Wolf) na so klein kamertjie toe gevat waar hulle kyk hoe gereeld die kontraksies is en hoe ver jy ontsluit is.
 
Die "Midwife" (vroedvrou) is die tannie wat babas vang - Sy het gesê ek is baie kalm vir iemand met my kontraksies en ek lyk in beheer, sy was verbaas dat ek 4cm ontsluit was.
 
Dit het beteken dat ons 'n kraam-kamer kry, want daar is versekerlik 'n babatjie oppad.
 
10 Julie 2014
 
04:00
 
Kontraksies was sterker, Wolf se groot hande het wonders daarvoor gedoen. Ongelukkig was ek net 5cm ontsluit en ek was baie moeg - aangesien ek al 23uur wakker was. Die vroedvrou se naam is Carey en sy was 'n engel!
 
Sy het my water gebreek, daarna het die kontraksies baie erger geraak en ek het besluit om lag-gas as verdoof middel te gebruik, want dit doen niks aan babatjie nie.
 
Dit was seer
onverstaanbaar seer
 
Mamma het vir my water gevoer en Wolf het my hand vasgehou deur elke kontraksie - sonder hulle sou ek dit nie kon doen nie.
 
05:57
 
Het Lené haar eerste asempie gevat en vir ons laatweet sy is hier. 
3.275kg en 49cm
 
Hulle het haar op my bors gesit
Wolf het die naelstring geknip
sy het op my bors gelê vir 'n uur
 
13:00
 
Was ons in die kar oppad huistoe
En more is sy 'n week oud.
Tyd vlieg!
 
Hier is 'n paar kiekies:
 
Fotos wat ons in die hospitaal geneem het:
 
 
 
 
 
Fotos wat ons by die huis geneem het:
 


 
Haar eerste bad:
'n Vroedvrou besoek jou en babatjie by die huis die eerste 5 dae na geboorte, sy het vir ons gewys hoe om vir Lené te bad:



 
Hier bad ek haar vir die eerste keer:
 
 
Ek het 'n pakkie in die pos ontvang van my vriendinnetjie wat in Suid Afrika bly, ek weet dit het ure gevat en ons waardeer dit vreeslik. Ek het 'n traantjie gepik toe ons dit oopgemaak het:
 

 
Ons 2 het ook mooi blommetjies ontvang:
 


 
Daarsy
dit is dit vir eers
lekker week vir julle
ons sien julle volgende week
 
Indien julle vragies het, los hulle in die "comments" op Facebook.
 
"Pienk strikke en fraai dinge, pragtige rokkies en goue ringe, dogtertjie-wense en prinses-drome, sy dans op sterre en maanskynstrome"
 
:)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Tuesday, 8 July 2014

39 Weke Swanger

Ek het die blog vandag bietjie een-kant-toe gestoot
aangesien my Moederlief hier is.
 
Manlief is by die huis elke aand en ons wag rustig vir ons sonstraal meisiekind om te besluit sy het nie meer plek hier binne my nie.
 
Ek en Mamma het boeke gaan uitneem by die Bib vandag, ons was gister bietjie Mall toe vir 'n paar ure en ons was Sondag kerktoe en bietjie Swan Valley toe. Die lysie van plekke wat ons nog wil besoek word kort en langer op dieselfde tyd.
 
 
Ek en sy maak heerlik kossies saam - dit is lekker om my Mamsie bietjie hier in die koue Australie te he. (Ek dink sy geniet dit ook baie)
 
Die "Baby shower" was Saterdag (My ma het Vrydag geland) en hier is so paar fototjies daarvan, 'n vriendin het baie fotos geneem - Dankie Yvette. Wanneer sy kansie het om hulle vir my te gee sal ek die fotos met julle deel. Ek was vreeslik bederf!
 
 
 
 
 
Daar was ander heerlike kossies, ek het net hier en daar 'n fototjie geneem. Ons het Spek rolletjies, Pampoen-brood, Suurlemoen-kolwyntjies en 'n groente bord gehad om aan te peusel.
 
 
Hierdie was 'n doek-koek, dit is 'n oulike idee ne?
 
 
Hierdie was die vroutjies wat die middag saam met ons spandeer het, Arlene het weg-geglip voor ons die foto vasgevang het, maar sy was ook hier. Hierdie is oulike hart-warm-maak-vriendinne.
 
 
Ons het 'n "skryf ietsie op 'n doek stasie gehad" en hierdie was 'n oulike een, aan die anderkant staan daar "Poo like a lady" - Oulik ne?
 
 
 

Hierdie is 'n presentjie van Manlief af, dit is so spesiaal en hy laat my soos 'n prinses voel!

 
Het sy nie die mooiste kroon aan nie?
 
Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Waatlemoen, sy was op 'n tyd die grote van 'n saadjie.
 
Hoogtepunt van die week: My Ma het Vrydag geland!
 
Beweging: Bietjie minder, nou dat daar nie meer so baie plek is nie. Ek kan wel voel hoe sy le en kan raai wat beweeg, dit is lekker.
 
Drange: Niks!
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Niks.
 
Slaap: Ek slaap steeds lekker, die opstaan is bietjie van 'n operasie, maar dit gaan nog goed.
 
Emosies: Eks dol gelukkig, dit voel vreemd om vir jou lyf te wag om iets te doen (Sy kan enige oomblik nou besluit om te kom) dit is wel een van daardie dinge wat mens nie kan beheer nie.
 
Energie: Ek raak baie vinniger moeg, wat my bietjie irreteer.
 
Lyfie: Steeds Massief!
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat my Mamsie hier is voor babatjie en dat Wolf in die stad werk en enige tyd huistoe kan kom, indien babatjie besluit sy gaan ons verras.
 
Ek het ongelukkig nie 'n foto vandag van hierdie moeviese pens geneem nie, ek sien julle weer volgende Dinsdag. Geniet die week.