Markus 10
"Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. En Hy het sy arms om hulle geslaan, Sy hande op hulle gelê en hulle geseën."
09 Julie 2014
05:00
het ek klein kontraksies begin kry, ek het gedink dit is "oefen kontraksies" en nie die regtes nie. (Ek was verkeerd)
Hulle het stelselmatig sterker geraak, ek het die hospitaal gebel en aangesien dit my eerste babatjie is het die tannie oor die foon gesê ek moet weer bel wanneer my kontraksies so 3min uitmekaar uit is en 'n minuut aanhou.
14:00
Op 4min en 45sekondes het ek weer die hospitaal gebel. Manlief was op 'n kurses so uur van ons huis af, die tannie het toe aangeraai dat Wolf stadig huistoe kom en ons hospitaal se kant toe staan.
Ons het vir Wolf by die stasie gaan haal en winkel toe gegaan. Ek het deur die oggend broodjies gemaak en ek en Mamma het gele en boeklees. Die kontraksies het toe bietjie verder uit mekaar beweeg (so 6min) so toe bly ons by die huis en ontspan.
Manlief het die karstoeltjie gelaai en ook "die groot trek" Ons het 3 tassies gehad wat hopeloos teveel was, maar ek het alles gehad wat ek dalkies nodig sou hê en natuurlik nie eers die helfde gebruik nie.
23:00
Ons het kar se kant toe gestaan en hospitaal toe gery. Daar aangekom en hulle het vir ons 2 (Ek en Wolf) na so klein kamertjie toe gevat waar hulle kyk hoe gereeld die kontraksies is en hoe ver jy ontsluit is.
Die "Midwife" (vroedvrou) is die tannie wat babas vang - Sy het gesê ek is baie kalm vir iemand met my kontraksies en ek lyk in beheer, sy was verbaas dat ek 4cm ontsluit was.
Dit het beteken dat ons 'n kraam-kamer kry, want daar is versekerlik 'n babatjie oppad.
10 Julie 2014
04:00
Kontraksies was sterker, Wolf se groot hande het wonders daarvoor gedoen. Ongelukkig was ek net 5cm ontsluit en ek was baie moeg - aangesien ek al 23uur wakker was. Die vroedvrou se naam is Carey en sy was 'n engel!
Sy het my water gebreek, daarna het die kontraksies baie erger geraak en ek het besluit om lag-gas as verdoof middel te gebruik, want dit doen niks aan babatjie nie.
Dit was seer
onverstaanbaar seer
Mamma het vir my water gevoer en Wolf het my hand vasgehou deur elke kontraksie - sonder hulle sou ek dit nie kon doen nie.
05:57
Het Lené haar eerste asempie gevat en vir ons laatweet sy is hier.
3.275kg en 49cm
Hulle het haar op my bors gesit
Wolf het die naelstring geknip
sy het op my bors gelê vir 'n uur
13:00
Was ons in die kar oppad huistoe
En more is sy 'n week oud.
Tyd vlieg!
Hier is 'n paar kiekies:
Fotos wat ons in die hospitaal geneem het:
Fotos wat ons by die huis geneem het:
Haar eerste bad:
'n Vroedvrou besoek jou en babatjie by die huis die eerste 5 dae na geboorte, sy het vir ons gewys hoe om vir Lené te bad:
Hier bad ek haar vir die eerste keer:
Ek het 'n pakkie in die pos ontvang van my vriendinnetjie wat in Suid Afrika bly, ek weet dit het ure gevat en ons waardeer dit vreeslik. Ek het 'n traantjie gepik toe ons dit oopgemaak het:
Ons 2 het ook mooi blommetjies ontvang:
Daarsy
dit is dit vir eers
lekker week vir julle
ons sien julle volgende week
Indien julle vragies het, los hulle in die "comments" op Facebook.
"Pienk strikke en fraai dinge, pragtige rokkies en goue ringe, dogtertjie-wense en prinses-drome, sy dans op sterre en maanskynstrome"
:)
No comments:
Post a Comment