Ek het die blog vandag bietjie een-kant-toe gestoot
aangesien my Moederlief hier is.
Manlief is by die huis elke aand en ons wag rustig vir ons sonstraal meisiekind om te besluit sy het nie meer plek hier binne my nie.
Ek en Mamma het boeke gaan uitneem by die Bib vandag, ons was gister bietjie Mall toe vir 'n paar ure en ons was Sondag kerktoe en bietjie Swan Valley toe. Die lysie van plekke wat ons nog wil besoek word kort en langer op dieselfde tyd.
Ek en sy maak heerlik kossies saam - dit is lekker om my Mamsie bietjie hier in die koue Australie te he. (Ek dink sy geniet dit ook baie)
Die "Baby shower" was Saterdag (My ma het Vrydag geland) en hier is so paar fototjies daarvan, 'n vriendin het baie fotos geneem - Dankie Yvette. Wanneer sy kansie het om hulle vir my te gee sal ek die fotos met julle deel. Ek was vreeslik bederf!
Daar was ander heerlike kossies, ek het net hier en daar 'n fototjie geneem. Ons het Spek rolletjies, Pampoen-brood, Suurlemoen-kolwyntjies en 'n groente bord gehad om aan te peusel.
Hierdie was 'n doek-koek, dit is 'n oulike idee ne?
Hierdie was die vroutjies wat die middag saam met ons spandeer het, Arlene het weg-geglip voor ons die foto vasgevang het, maar sy was ook hier. Hierdie is oulike hart-warm-maak-vriendinne.
Ons het 'n "skryf ietsie op 'n doek stasie gehad" en hierdie was 'n oulike een, aan die anderkant staan daar "Poo like a lady" - Oulik ne?
Hierdie is 'n presentjie van Manlief af, dit is so spesiaal en hy laat my soos 'n prinses voel!
Het sy nie die mooiste kroon aan nie?
Vragies:
Grote van babatjie: 'n Waatlemoen, sy was op 'n tyd die grote van 'n saadjie.
Hoogtepunt van die week: My Ma het Vrydag geland!
Beweging: Bietjie minder, nou dat daar nie meer so baie plek is nie. Ek kan wel voel hoe sy le en kan raai wat beweeg, dit is lekker.
Drange: Niks!
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Niks.
Slaap: Ek slaap steeds lekker, die opstaan is bietjie van 'n operasie, maar dit gaan nog goed.
Emosies: Eks dol gelukkig, dit voel vreemd om vir jou lyf te wag om iets te doen (Sy kan enige oomblik nou besluit om te kom) dit is wel een van daardie dinge wat mens nie kan beheer nie.
Energie: Ek raak baie vinniger moeg, wat my bietjie irreteer.
Lyfie: Steeds Massief!
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat my Mamsie hier is voor babatjie en dat Wolf in die stad werk en enige tyd huistoe kan kom, indien babatjie besluit sy gaan ons verras.
Ek het ongelukkig nie 'n foto vandag van hierdie moeviese pens geneem nie, ek sien julle weer volgende Dinsdag. Geniet die week.
No comments:
Post a Comment