Tuesday, 1 July 2014

38 Weke Swanger

Dagse Lieflikstes,
ek het ampertjies vergeet om hierdie blog te skryf.
Manlief het Vrydag aand huistoe gekom en vlieg eers weer iewers in Augustus uit, nadat babatjie gekom het.
 
Ons kry die maand 'n babatjie,
kan julle glo die tyd het verby gevlieg.
(Sy is op hierdie oomblik lekker woelig)
 
Ek het ooievaars-tee goetertjies gedoen hierdie week, ek kan nou nie fototjies daarvan oplaai nie, want sommige van julle sal daar wees.
 
Ek het Sondag bietjie gebak en brou - Ek het die volgende gebak:
 
 
 
 
Ek het so paar sjokolade balletjies in die middel van die koekies toegedraai,
hier is die resep wat ek gevolg het.
 
Verder is my en babatjie se hospitaal sakkies gepak, so ons is reg vir die hospitaal.
 
Wolf bou iets ouliks vir baba-kamer, dis 'n bankie waarin 3 materiaal boksies pas vir speelgoed
(dit is sommer net stoor-plek)
Ons kan dit versier met kussings en sulke goetertjies.
 
Dis al nuus wat ons vir eers het.
 
Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Pampoen - liewe land!
 
Hoogtepunt van die week: Wolf is by die huis, sak is gepak, Mamma land oor 3 slapies!!!
 
Beweging: BAIE! Ek kan ook spesifieke lyf deeltjies voel beweeg, dit is aardig.
 
Drange: Niks!
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Ek het maalvleis gaar gemaak sonder om naar te word, dit was gisteraand en eks nogal trots daarop.
 
Slaap: Ek slaap lekker, staan gereeld op om te piepie, maar dis nie iets nuut nie. (Dit is heerlik om my man langs my te he)
 
Emosies: Ek was hierdie week soortvan okei, ag ek weet nie, ons het nog 2 weke van nader-stap voor en ons kyk maar wat gebeur met hierdie traan-kliere. Wanneer ek bietjie tranerig word - hanteer Wolf die situasie baie goed.
 
Energie: Ek is bietjie moeer as normaalweg.
 
Lyfie: Massief!
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Die maand het uiteindelik aangebreek! 'n Nuwe hoofstuk begin en my Ma gaan hier wees om te help! Dankie tog vir haar wat kom.
 
Ek en Wolf het 'n horlosietjie gekoop vir baba-kamer, ek sal volgende week 'n fototjie daarvan opsit.
 
38 Weke Magie:
 
 
 
Daarsy!
Lekker daggie verder.
Ons sien mekaar gou weer!
 


No comments:

Post a Comment