Ek het die heerlikste oggend ooit gehad!
Opgestaan
Rooibos gedrink, met oop vensters sodat die koel windjie kan inloer
Oats geeet
Gaan stort
Aangetrek
Ek was besig om my hare droog te maak, toe klop iemand aan die deur! :)
Ek het 'n pakkie van Namibie af gekry.
Daar was goetertjies in soos my boeke vir my studies
en dan was daar die oulikste briefie van my Mamma af:
'n Briefie van mens se Mamma is so kosbaar!
My kunstige sussie het vir my hierdie gestuur:
Ek gaan dit raam en iewers in die huis ophang waar ek dit elke dag kan sien!
Dankie vir die presentjies Mamma, vir die Senties, die briefie, die kunswerk, en die boeke, Mamma is goud en laat my so spesiaal voel op 'n gewone ou Dinsdag.
Ek het 'n Pampoen broodjie gebak vir die eerste keer! Dit is hoe hy uitgedraai het en dit het lekker geproe, daar is nog 'n klein stukkie oor, wat ek probeer hou vir manlief.
Aangesien die weer heerlik was die afgelope paar dae (in die lae 20's) het ek kans gehad om truitjies aan te trek en ek dink dit het oulik gelyk, ek het 'n paar komplimente gekry:
Vragies:
Grote van babatjie: 'n Kool (gelukkig ruik ek nie soos kool nie)
Hoogtepunt van die week: Die pakkie in die pos & Manlief kom venaand huistoe.
Beweging: Babatjie beweeg nou sekere tye van die dag en ek geniet dit nogal. Ook wanneer ek eet. :)
Drange: Steeds NIKS?
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Die reuk van rou "hamburger pattys" alhoewel die gedagte van hamburgers my nogal honger maak!
Slaap: Vandat ek die kussing tussen my bene sit, slaap ek heerlik. 'n Vriendinnetjie wie 'n klein babatjie het, het vir my 'n swangerskap kussing geleen en daai ding is my nuwe beste maatjie! Dankie Arlene.
Emosies: Ek het gedink alles is normaal totdat ek besef het dat ek bietjie huilerig is oor nonsens, dis nie asof mens kies om so te wees nie, dit gebeur soortvan net.
Energie: Ek raak bietjie vinniger moeg ivm laas week, maar ek voel nog nie 'n middag slapie is nodig nie.
Lyfie: My rug-pyn is klein bietjie beter!
Ek het 1 hempie gaan koop wat my magie mooi toemaak en wat saam met ons sal groei, net 'n swart hempie wat lekker lank is. (Ek het dit onder die truitjie in die foto aan)
Ek het vanoggend in die stort probeer been-hare skeer en ek het hardop gelag vir myself, dis nie regtig iets wat ek meer kan doen nie! (Pensie is in die pad)
Verder is alles piek-fyn. Niks is swel of sulke goetertjies nie.
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat my Mamsie kan kom vir 2 maande en Pappa vir 'n paar dae. Ek weet sy gaan my so baie help en my uit my maag uit laat lag. Ek gaan haar druk tot sy omval. (Ek sal stop net voor sy omval)
Inkopies:
Ek was besig met 'n paar ander goetertjies die week en het nie regtig by die baba winkels uitgekom nie. Al wat ek gekoop het is daardie een hempie vir my.
Wat sal julle se is 'n MOET HE vir babatjie?
25 Week Magie:
Lekker week vir julle!
Tot volgende Dinsdag. :)
'n Moet vir 'n babatjie: 'n Storieboek! Jy moet soveel as moontlik vir hom/haar hardop lees. Doen dit nou al terwyl jy swanger is. Kleinste sal jou leesstem met goeie tye assosieer en sal 'n liefde vir boeke ontwikkel - dit kan mos net in julle guns tel!
ReplyDeleteTerloops: Willem kyk na jou foto en sĂȘ jy lyk BAIE goed vir iemand wat swanger is! Sommer net iets wat ek voel ek moet deel.
Dankie Elbie & Willem!
DeleteEk sal vir my ma vra om 'n paar Afrikaanse storieboeke saam te bring wanneer sy kom.
Liefdetjies ;)