Monday, 31 March 2014

25 Weke Swanger

Ek het die heerlikste oggend ooit gehad!
Opgestaan
Rooibos gedrink, met oop vensters sodat die koel windjie kan inloer
Oats geeet
Gaan stort
Aangetrek
 
Ek was besig om my hare droog te maak, toe klop iemand aan die deur! :)
Ek het 'n pakkie van Namibie af gekry.
 
Daar was goetertjies in soos my boeke vir my studies
en dan was daar die oulikste briefie van my Mamma af:
 
 

'n Briefie van mens se Mamma is so kosbaar!
 
My kunstige sussie het vir my hierdie gestuur:
Ek gaan dit raam en iewers in die huis ophang waar ek dit elke dag kan sien!
 

Dankie vir die presentjies Mamma, vir die Senties, die briefie, die kunswerk, en die boeke, Mamma is goud en laat my so spesiaal voel op 'n gewone ou Dinsdag.
 
Ek het 'n Pampoen broodjie gebak vir die eerste keer! Dit is hoe hy uitgedraai het en dit het lekker geproe, daar is nog 'n klein stukkie oor, wat ek probeer hou vir manlief.
 

Aangesien die weer heerlik was die afgelope paar dae (in die lae 20's) het ek kans gehad om truitjies aan te trek en ek dink dit het oulik gelyk, ek het 'n paar komplimente gekry:
 

Vragies:
 
Grote van babatjie: 'n Kool (gelukkig ruik ek nie soos kool nie)
 
Hoogtepunt van die week: Die pakkie in die pos & Manlief kom venaand huistoe.
 
Beweging: Babatjie beweeg nou sekere tye van die dag en ek geniet dit nogal. Ook wanneer ek eet. :)
 
Drange: Steeds NIKS?
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Die reuk van rou "hamburger pattys" alhoewel die gedagte van hamburgers my nogal honger maak!
 
Slaap: Vandat ek die kussing tussen my bene sit, slaap ek heerlik. 'n Vriendinnetjie wie 'n klein babatjie het, het vir my 'n swangerskap kussing geleen en daai ding is my nuwe beste maatjie! Dankie Arlene.
 
Emosies: Ek het gedink alles is normaal totdat ek besef het dat ek bietjie huilerig is oor nonsens, dis nie asof mens kies om so te wees nie, dit gebeur soortvan net.
 
Energie: Ek raak bietjie vinniger moeg ivm laas week, maar ek voel nog nie 'n middag slapie is nodig nie.
 
Lyfie: My rug-pyn is klein bietjie beter!
 
Ek het 1 hempie gaan koop wat my magie mooi toemaak en wat saam met ons sal groei, net 'n swart hempie wat lekker lank is. (Ek het dit onder die truitjie in die foto aan)
 
Ek het vanoggend in die stort probeer been-hare skeer en ek het hardop gelag vir myself, dis nie regtig iets wat ek meer kan doen nie! (Pensie is in die pad)
 
Verder is alles piek-fyn. Niks is swel of sulke goetertjies nie.
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat my Mamsie kan kom vir 2 maande en Pappa vir 'n paar dae. Ek weet sy gaan my so baie help en my uit my maag uit laat lag. Ek gaan haar druk tot sy omval. (Ek sal stop net voor sy omval)
 
Inkopies:
 
Ek was besig met 'n paar ander goetertjies die week en het nie regtig by die baba winkels uitgekom nie. Al wat ek gekoop het is daardie een hempie vir my.
 
Wat sal julle se is 'n MOET HE vir babatjie?
 
25 Week Magie:
 

Lekker week vir julle!
Tot volgende Dinsdag. :)
 





Monday, 24 March 2014

24 Weke Swanger

Ek geniet Herfs vreeslik
vanoggend het die eerste wekker 04:15 gelui
ek het vir Wolf by die lughawe afgelaai
oppad terug huistoe het die druppels neer geplomp
en net toe die son besluit om te verskyn,
was daar 'n reenboog.
 
Eks seker baie mense in Perth is nie eers bewus van daardie paar druppeltjies nie.
 
Hierdie week was maanskyn!
Ons was toe Albany toe, van Woensdag tot Saterdag.
Ons het in koffie winkels gesit en gesels vir ure.
Ons het ook 'n paar asemrowende natuur goetertjies gesien.
In die wolke loop was een van hulle!
 
Ek het besef ek is Sneeuwitjie, ons het 'n doolhof besoek in Albany (dit was nie regtig iets om oor huistoe te skryf nie) ek en manlief was die enigste 2 mense daar. Ons het toe op 3 stompies afgekom en sommer vir die grap het ek begin fluit soos Sneeuwitjie, ons het toe geloop tot in die middel van die doolhof en toe kom daar 4 voeltjies aan!
 
Ek is seker nie regtig Sneeuwitjie nie, maar ek lewe in 'n sprokies verhaal.
 
Daar is 'n album op Facebook met die naam "Albany" indien julle so paar kiekies wil sien, hier is ook 'n paar wat nie op Facebook is nie.

 





 
Vragies:
 
Grote van babatjie: spanspek (hopelik nie 'n masiewe spanspek nie) Baba het dalk nou al haartjies!
 
Hoogtepunt van die week: Albany se kwaliteit-tyd!
 
Beweging: Baie! Wolf kan ook al makliker voel en se gereeld "Aitsa" wanneer hy voel hoe babatjie beweeg.
 
Drange: Geen.
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Niks, alhoewel ek steeds nie mal is oor vleis nie maak die reuk daarvan my nie meer naar nie!
 
Slaap: Ek was gister dokter toe (oulike Afrikaanse vroutjie) sy het voorgestel dat ek met 'n kussing tussen my bene slaap. Ek het dit gisteraand probeer en ek het SO lekker geslaap! Dit is wat ek sal aanraai! :)
 
Emosies: Ek dink hulle is terug na normaal toe, ek sal vir manlief moet vra hieroor! Ek voel normaal.
 
Energie: Teen 8uur in die aand beteken ek net mooi niks, maar dit pla my nie vreeslik nie!
 
Lyfie: Ek het baie droee lippies vir een of ander rede die afgelope 3 dae, dis darem nie te erg nie.
 
Die dokter het ook gese die rug-pyn wat ek gehad het is van my lyfie wat net aanpas en hitte kan help daarvoor! Ek het gelukkig nie geswelde beentjies/voetjies nie. So my lyfie is tip-top! :)
 
My hempies begin nou optrek en ek dink nie daardie tiepe vleis-wys is so goeie idee nie! :) Gelukkig is hier 'n paar winkels wat oulike swangerskap-klere verkoop.
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat babatjie groei, hartjie klop sterk en hy/sy is gesond. Dit voel ook asof dit nou realiteit raak, asof ons nou regtig 'n babatjie gaan kry! Oor 'n paar maande kom my Mamsie en dan kom babatjie! :)
 
Mamma - Ons het nog nie eers 'n spaar-kamer nie! Dalk moet ons begin werk daaraan!
 
Inkopies:
 
Ons het niks vir babatjie hierdie week gekoop nie. Ek was na 'n baba mark toe en daar was die mooiste leer skoentjies. Ek het hulle groep op Facebook "gelike." Ek wou 'n paar koop, maar sal bietjie later, net omdat dit vreeslik warm raak hier en daar verskillende style is. En die spanspekkie gaan gelukkig nie uit kom en begin loop nie.
 
Julle het seker agter gekom dat ek bietjie sukkel met die babakamer, wel ek het my "oemf" terug en het 'n rukkie op Pinterest spandeer en nog idees gekry.
 
Die ding is die kamertjie is vreeslik klein en die kamer wat ek wou na-aap is seker 3 of 4 keer groter, so ons moet werk met wat ons het. Ek het ook vir Wolf ingespan met 'n projek - ek sal julle op hoogte hou.
 
Indien julle wenke of idees het, stuur vir my 'n boodskappie!
 
24 week magie:
 
 
Ek voel beslis swanger!
Kan julle glo dit is al 24 weke?
Die 3de trimester is om die draai.
 
Ons praat weer. :)
 


Monday, 17 March 2014

23 Weke Swanger

Sjoe hierdie week was bietjie anders as normaal, Ek het 3 Unisa werksopdragte ingehandig en 2 dae in 'n vriendin se koffie-'shop' gewerk,
Wolf kom venaand huistoe en ons het besluit om bietjie die wereld te gaan verken.
Ons gaan vir so paar slapies Albany toe en daar gaan ons die
"tree-top-walk" doen,
eks in die wolke ;)
 
Ons (ek) het besluit ons gaan beskuit saamvat vir ontbyt, so ek bak en brou vandag.
Skoonma se beskuit is in die oond:
 
 
Vragies hierdie week:
 
Grote van babatjie: pomelo 
 
Hoogtepunt van die week: Ek het vir my swangerskap jeans gekoop - dit is die gemaklikste broek wat ek al in my lewe gedra het, niks druk nou die magie nie en ek lyk steeds mooi. (ek voel mooi)
 
Beweging: Ek word in die middel van die nag wakker van bommelakisies en ook in die oggende - ek dink dis dan TYD vir ontbyt, na ons geeet het is almal weer rustig.
 
Drange: Nie regtig ietsie nie, ek begin nou wonder of ons vroumense nie net drange gebruik as 'n verskoning om lekker te eet nie? Dalk verander alles bietjie later, ons sal maar sien.
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Hierdie week voel ek nogal goed, naarheid gewys! Ek kry dit nou weer reg om vleis gaar te maak en kos te maak soos voor ek swanger geraak het.
 
Slaap: Gebeurende swangerskap raai almal jou aan om op jou sy te slaap, dit is beste vir jou en jou babatjie, ek sukkel daarmee en my lyf raak bietjie seer van op my sye le. My maag kry nie meer krampies nie, daarvoor is ek dankbaar.
 
Emosies: Hierdie week was my emosies op 'n tuimeltrein! Ek het vir die eerste keer gehuil vir geen rede nie, hormone!
 
Energie: Ek het meer energie as voorheen! :)
 
Lyfie: Ek het besluit om hierdie by te voeg by die vragies, want nie baie mense praat oor die veranderinge waar deur jou lyf gaan nie. (Ek het nou 'n stukkie beskuit geeet en baba is omtrent woelig) Mens weet nie regtig waarvoor om jouself voor te berei nie.
 
Hierdie week het ek besef my bras pas nie meer nie. Ek het so paar maande terug "maternity bras" gekoop en hulle so aan en af gedra, nou is hulle al wat pas!
 
Ek het ook 'n pyn in my lae-lae-lae rug. Ek weet nie regtig hoekom nie?
 
Behalwe dit is ek dood-dollies!
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat ek reeds 'n huisvroutjie is! En ook kan wees wanneer babatjie kom.
 
Goetertjies wat ek hierdie week gekoop het:
 
Ek probeer neutrale goetertjies koop, vir babatjie nommer 2! Die derde foto is my gunsteling!
 



 
Ek het hierdie week gaan koffie drink saam met 'n vriendin en besluit ek gaan my pensietjie bietjie wys en dit is hoe dit gelyk het, ek hou nogal daarvan!

 
Magie vir week 23: (Ek het my jean aan) Hoe lyk dit?

 
Ek kan darem nog my voete sien! :)


 
Lekker week vir julle!
As julle enige vragies het, skree. :)

Monday, 10 March 2014

22 Weke Swanger

So kruip die tyd ook verby!
 
My eerste Unisa taak is in, my boonste knopie van my jeans kan nie meer toe sonder om babatjie te druk nie.
Wolf was vir 'n week by die huis en het die mooiste kas vir sy rekenaarkamer gebou, eks bietjie jaloers dat ek dit nie in die eetkamer kan sit nie, maar hy het vir my gese hy sal vir my 'n vertoon-kassie bou, ek sien uit daarna.
 
Die vorige keer toe hy by die huis was het hy vir ons 'n kopstuk gebou. Dit is hoe dit lyk:
 
 
Ons het feetjie liggies bo oor gehang ipv bedlampies.
Laat my voel soos 'n prinses op 'n hemel-bed.
 
Vragies hierdie week:
 
Hoogtepunt van die week: Ons 2 en 'n half het 'n heerlike week gehad. Ons was net rustig en geniet ons nuwe huisie vreeslik. Dit is herfs, dit was die heerlikste weer, die hoop van winter, kombersies en 'n babatjie begin nou blom.
 
Beweging: Baie! Ons het vroeg vanoggend wakker geword en ek het vir Wolf by die lughawe gaan aflaai, soos elke 2de Dinsdag. Ons het net na 4 wakker geword. Toe ek by die huis gekom het, het ek terug in die bed gespring en ek het wakker geword van die bewegingtjies!
 
Drange: Niks die week. Ek was eintlik nogal soet, nie soet-tand soet nie, ons het nie vreeslik ongesond geeet nie.
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Subway broodjies & gaskoeldrank (Sprite) het my maag vreeslik laat pyn, vroeer het ek nie regtig daarmee 'n probleem gehad nie en dan... Ek dink my naeltjie gaan uit "pop" en verander van 'n "inny" na 'n "outy" ek dink dit is grous en Wolf dink dis nie oulikste ding ooit! (Ek dink hy is eintlik hopeloos verlief en sien nie hoe dit eintlik lyk nie)
 
Slaap: Ek het laasweek gekla oor slaap. Ek het soortvan 'n oplossing gekry daarvoor - Ons het so klein reghoekige kussingtjie seker so 40cm lank, ek prop dit net onder my magie in en slaap heerlik!
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat ons 'n fantastiese huwelik het en mekaar so vreeslik mooi oppas.
 
Hierdie week:
 
Ons het nie regtig iets vir babatjie gekoop nie. Ek sal seker hierdie week dalkies...
Hier is die herfs wolkies:
 
 
Ons het gister laatmiddag na so park toe gegaan en ons het so paar fototjies daar geneem:
 


 
Fototjies wat ons sommer self daar geneem het:
 

 
Wolf het homself fotograaf gehou, 'n paar mooies geneem:
 


Magie vir 22 weke:
 

 
Fluit fluit my storie is uit!
Het enige van julle blogs? 
 
 
 

 

Wednesday, 5 March 2014

21 Weke Swanger

21 is hier! Dit beteken ons het net 19 weke oor, dis bietjie vreesaanjaend en opwindend op dieselfde tyd.
 
Ek het bietjie gebak en brou hierdie week, ek het 'n "hummingbird" koek in 'n brood pan gebak, omdat ek nie 'n koekpan het nie. Daar is pynappel en piesang in.  Dit is hoe dit uitgekom het:
 
 
Vragies vir hierdie week:
 
1. Hoogtepunt van die week: My voorgeskrewe boeke van Kalahari het gekom, so dit laat my rustig voel. Ek was bekommerd dit sou te laat gekom het, ek het 'n paar engelse boeke wat ek moet lees voor ek werksopdragte doen!
 
2. Beweging: JA! Ek het deur die 20ste week my hand op my maag gehad en ek kon babatjie voel beweeg van buite en toe besef ek hoe dit van binne af voel, dit voel net of mens se maag bietjie (dalk baie) grom. Slaaptyd maak babatjie bommelakiesies!
 
Wolf het Dinsdag huistoe gekom en kon ook voel hoe babatjie beweeg. Hy het gese dit was vir hom lekker om die babatjie te voel beweeg, wat vir hom lekkerste en mooiste is, is om te sien hoe my pensie groei.  
 
3. Drange: Ek was lus vir Lemon Maringue, ek sou nou nie se dit was 'n drang nie, maar dit was vreeslik lekker. Ek en Wolf het 'n stukkie gedeel, ek het nie 'n hele een self geeet nie!
 
4. Goed wat my nie lekker laat voel nie: Hierdie week was daar nie regtig ietsie nie. :)
 
5. Slaap: Ek raak vinnig moeg en sukkel bietjie om te slaap, wanneer ek omdraai "kreun" ek volgens Wolf, dan kry ek klein krampies aan die kant waar ek gelĂȘ het. Enige wenke sal waardeer word?
 
6. Iets waarvoor ons dankbaar is: Dat ons babatjie kan voel en dat dit amptelik nie meer somer is nie, dit behoort bietjie koeler te raak ipv 36'C. Ek sien uit na die herfs blare wat een van die dae sal verskyn.
 
Babakamer:
 
Ek het hierdie geverf en Wolf het die vir ons opgehang met 3M hakkies, dit lyk vir my asof dit ietsie kort, enige wenke?
 

 
Ek het wit katoen paslakens gekoop, 'n hele paar rekkies om die lap gebind en dit geel gekleur en gewas, dit is nie perfek nie, maar dit is wat lekker is van "tie-dye" dit hoef nie perfek te wees nie.  
 
 
Ons het 'n stootwaentjie by 'n vriendin gekoop:
 


 
 Hier is sommer so paar goetertjies wat ek gekoop het by BabiesRus:
 
Handdoeke:
 
 
Katoen kombersies, die apie is my gunsteling:
 
 
En hangers: (Die klere het ek by 'n vriendinnetjie gekry)
 
 
Magie vir 21 weke, 'n selfie, dit beteken ek kan dit elke week doen:
 

Dis dit vir eers.
Soet wees!
Sien julle volgende week. :)