21 is hier! Dit beteken ons het net 19 weke oor, dis bietjie vreesaanjaend en opwindend op dieselfde tyd.
Ek het bietjie gebak en brou hierdie week, ek het 'n "hummingbird" koek in 'n brood pan gebak, omdat ek nie 'n koekpan het nie. Daar is pynappel en piesang in. Dit is hoe dit uitgekom het:
Vragies vir hierdie week:
1. Hoogtepunt van die week: My voorgeskrewe boeke van Kalahari het gekom, so dit laat my rustig voel. Ek was bekommerd dit sou te laat gekom het, ek het 'n paar engelse boeke wat ek moet lees voor ek werksopdragte doen!
2. Beweging: JA! Ek het deur die 20ste week my hand op my maag gehad en ek kon babatjie voel beweeg van buite en toe besef ek hoe dit van binne af voel, dit voel net of mens se maag bietjie (dalk baie) grom. Slaaptyd maak babatjie bommelakiesies!
Wolf het Dinsdag huistoe gekom en kon ook voel hoe babatjie beweeg. Hy het gese dit was vir hom lekker om die babatjie te voel beweeg, wat vir hom lekkerste en mooiste is, is om te sien hoe my pensie groei.
3. Drange: Ek was lus vir Lemon Maringue, ek sou nou nie se dit was 'n drang nie, maar dit was vreeslik lekker. Ek en Wolf het 'n stukkie gedeel, ek het nie 'n hele een self geeet nie!
4. Goed wat my nie lekker laat voel nie: Hierdie week was daar nie regtig ietsie nie. :)
5. Slaap: Ek raak vinnig moeg en sukkel bietjie om te slaap, wanneer ek omdraai "kreun" ek volgens Wolf, dan kry ek klein krampies aan die kant waar ek gelê het. Enige wenke sal waardeer word?
6. Iets waarvoor ons dankbaar is: Dat ons babatjie kan voel en dat dit amptelik nie meer somer is nie, dit behoort bietjie koeler te raak ipv 36'C. Ek sien uit na die herfs blare wat een van die dae sal verskyn.
Babakamer:
Ek het hierdie geverf en Wolf het die vir ons opgehang met 3M hakkies, dit lyk vir my asof dit ietsie kort, enige wenke?
Ek het wit katoen paslakens gekoop, 'n hele paar rekkies om die lap gebind en dit geel gekleur en gewas, dit is nie perfek nie, maar dit is wat lekker is van "tie-dye" dit hoef nie perfek te wees nie.
Ons het 'n stootwaentjie by 'n vriendin gekoop:
Hier is sommer so paar goetertjies wat ek gekoop het by BabiesRus:
Handdoeke:
Katoen kombersies, die apie is my gunsteling:
En hangers: (Die klere het ek by 'n vriendinnetjie gekry)
Magie vir 21 weke, 'n selfie, dit beteken ek kan dit elke week doen:
Dis dit vir eers.
Soet wees!
Sien julle volgende week. :)
So opgewonde vir julle! Jy gaan so 'n oulike moedertjie wees! :)
ReplyDeleteDankie Tannie Marianne. :)
Delete