Ek geniet Herfs vreeslik
vanoggend het die eerste wekker 04:15 gelui
ek het vir Wolf by die lughawe afgelaai
oppad terug huistoe het die druppels neer geplomp
en net toe die son besluit om te verskyn,
was daar 'n reenboog.
Eks seker baie mense in Perth is nie eers bewus van daardie paar druppeltjies nie.
Hierdie week was maanskyn!
Ons was toe Albany toe, van Woensdag tot Saterdag.
Ons het in koffie winkels gesit en gesels vir ure.
Ons het ook 'n paar asemrowende natuur goetertjies gesien.
In die wolke loop was een van hulle!
Ek het besef ek is Sneeuwitjie, ons het 'n doolhof besoek in Albany (dit was nie regtig iets om oor huistoe te skryf nie) ek en manlief was die enigste 2 mense daar. Ons het toe op 3 stompies afgekom en sommer vir die grap het ek begin fluit soos Sneeuwitjie, ons het toe geloop tot in die middel van die doolhof en toe kom daar 4 voeltjies aan!
Ek is seker nie regtig Sneeuwitjie nie, maar ek lewe in 'n sprokies verhaal.
Daar is 'n album op Facebook met die naam "Albany" indien julle so paar kiekies wil sien, hier is ook 'n paar wat nie op Facebook is nie.
Vragies:
Vragies:
Grote van babatjie: spanspek (hopelik nie 'n masiewe spanspek nie) Baba het dalk nou al haartjies!
Hoogtepunt van die week: Albany se kwaliteit-tyd!
Beweging: Baie! Wolf kan ook al makliker voel en se gereeld "Aitsa" wanneer hy voel hoe babatjie beweeg.
Drange: Geen.
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Niks, alhoewel ek steeds nie mal is oor vleis nie maak die reuk daarvan my nie meer naar nie!
Slaap: Ek was gister dokter toe (oulike Afrikaanse vroutjie) sy het voorgestel dat ek met 'n kussing tussen my bene slaap. Ek het dit gisteraand probeer en ek het SO lekker geslaap! Dit is wat ek sal aanraai! :)
Emosies: Ek dink hulle is terug na normaal toe, ek sal vir manlief moet vra hieroor! Ek voel normaal.
Energie: Teen 8uur in die aand beteken ek net mooi niks, maar dit pla my nie vreeslik nie!
Lyfie: Ek het baie droee lippies vir een of ander rede die afgelope 3 dae, dis darem nie te erg nie.
Die dokter het ook gese die rug-pyn wat ek gehad het is van my lyfie wat net aanpas en hitte kan help daarvoor! Ek het gelukkig nie geswelde beentjies/voetjies nie. So my lyfie is tip-top! :)
My hempies begin nou optrek en ek dink nie daardie tiepe vleis-wys is so goeie idee nie! :) Gelukkig is hier 'n paar winkels wat oulike swangerskap-klere verkoop.
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat babatjie groei, hartjie klop sterk en hy/sy is gesond. Dit voel ook asof dit nou realiteit raak, asof ons nou regtig 'n babatjie gaan kry! Oor 'n paar maande kom my Mamsie en dan kom babatjie! :)
Mamma - Ons het nog nie eers 'n spaar-kamer nie! Dalk moet ons begin werk daaraan!
Inkopies:
Ons het niks vir babatjie hierdie week gekoop nie. Ek was na 'n baba mark toe en daar was die mooiste leer skoentjies. Ek het hulle groep op Facebook "gelike." Ek wou 'n paar koop, maar sal bietjie later, net omdat dit vreeslik warm raak hier en daar verskillende style is. En die spanspekkie gaan gelukkig nie uit kom en begin loop nie.
Julle het seker agter gekom dat ek bietjie sukkel met die babakamer, wel ek het my "oemf" terug en het 'n rukkie op Pinterest spandeer en nog idees gekry.
Die ding is die kamertjie is vreeslik klein en die kamer wat ek wou na-aap is seker 3 of 4 keer groter, so ons moet werk met wat ons het. Ek het ook vir Wolf ingespan met 'n projek - ek sal julle op hoogte hou.
Indien julle wenke of idees het, stuur vir my 'n boodskappie!
24 week magie:
Ek voel beslis swanger!
Kan julle glo dit is al 24 weke?
Die 3de trimester is om die draai.
Ons praat weer. :)
No comments:
Post a Comment