Monday, 17 March 2014

23 Weke Swanger

Sjoe hierdie week was bietjie anders as normaal, Ek het 3 Unisa werksopdragte ingehandig en 2 dae in 'n vriendin se koffie-'shop' gewerk,
Wolf kom venaand huistoe en ons het besluit om bietjie die wereld te gaan verken.
Ons gaan vir so paar slapies Albany toe en daar gaan ons die
"tree-top-walk" doen,
eks in die wolke ;)
 
Ons (ek) het besluit ons gaan beskuit saamvat vir ontbyt, so ek bak en brou vandag.
Skoonma se beskuit is in die oond:
 
 
Vragies hierdie week:
 
Grote van babatjie: pomelo 
 
Hoogtepunt van die week: Ek het vir my swangerskap jeans gekoop - dit is die gemaklikste broek wat ek al in my lewe gedra het, niks druk nou die magie nie en ek lyk steeds mooi. (ek voel mooi)
 
Beweging: Ek word in die middel van die nag wakker van bommelakisies en ook in die oggende - ek dink dis dan TYD vir ontbyt, na ons geeet het is almal weer rustig.
 
Drange: Nie regtig ietsie nie, ek begin nou wonder of ons vroumense nie net drange gebruik as 'n verskoning om lekker te eet nie? Dalk verander alles bietjie later, ons sal maar sien.
 
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Hierdie week voel ek nogal goed, naarheid gewys! Ek kry dit nou weer reg om vleis gaar te maak en kos te maak soos voor ek swanger geraak het.
 
Slaap: Gebeurende swangerskap raai almal jou aan om op jou sy te slaap, dit is beste vir jou en jou babatjie, ek sukkel daarmee en my lyf raak bietjie seer van op my sye le. My maag kry nie meer krampies nie, daarvoor is ek dankbaar.
 
Emosies: Hierdie week was my emosies op 'n tuimeltrein! Ek het vir die eerste keer gehuil vir geen rede nie, hormone!
 
Energie: Ek het meer energie as voorheen! :)
 
Lyfie: Ek het besluit om hierdie by te voeg by die vragies, want nie baie mense praat oor die veranderinge waar deur jou lyf gaan nie. (Ek het nou 'n stukkie beskuit geeet en baba is omtrent woelig) Mens weet nie regtig waarvoor om jouself voor te berei nie.
 
Hierdie week het ek besef my bras pas nie meer nie. Ek het so paar maande terug "maternity bras" gekoop en hulle so aan en af gedra, nou is hulle al wat pas!
 
Ek het ook 'n pyn in my lae-lae-lae rug. Ek weet nie regtig hoekom nie?
 
Behalwe dit is ek dood-dollies!
 
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat ek reeds 'n huisvroutjie is! En ook kan wees wanneer babatjie kom.
 
Goetertjies wat ek hierdie week gekoop het:
 
Ek probeer neutrale goetertjies koop, vir babatjie nommer 2! Die derde foto is my gunsteling!
 



 
Ek het hierdie week gaan koffie drink saam met 'n vriendin en besluit ek gaan my pensietjie bietjie wys en dit is hoe dit gelyk het, ek hou nogal daarvan!

 
Magie vir week 23: (Ek het my jean aan) Hoe lyk dit?

 
Ek kan darem nog my voete sien! :)


 
Lekker week vir julle!
As julle enige vragies het, skree. :)

No comments:

Post a Comment