So kruip die tyd ook verby!
My eerste Unisa taak is in, my boonste knopie van my jeans kan nie meer toe sonder om babatjie te druk nie.
Wolf was vir 'n week by die huis en het die mooiste kas vir sy rekenaarkamer gebou, eks bietjie jaloers dat ek dit nie in die eetkamer kan sit nie, maar hy het vir my gese hy sal vir my 'n vertoon-kassie bou, ek sien uit daarna.
Die vorige keer toe hy by die huis was het hy vir ons 'n kopstuk gebou. Dit is hoe dit lyk:
Ons het feetjie liggies bo oor gehang ipv bedlampies.
Laat my voel soos 'n prinses op 'n hemel-bed.
Vragies hierdie week:
Hoogtepunt van die week: Ons 2 en 'n half het 'n heerlike week gehad. Ons was net rustig en geniet ons nuwe huisie vreeslik. Dit is herfs, dit was die heerlikste weer, die hoop van winter, kombersies en 'n babatjie begin nou blom.
Beweging: Baie! Ons het vroeg vanoggend wakker geword en ek het vir Wolf by die lughawe gaan aflaai, soos elke 2de Dinsdag. Ons het net na 4 wakker geword. Toe ek by die huis gekom het, het ek terug in die bed gespring en ek het wakker geword van die bewegingtjies!
Drange: Niks die week. Ek was eintlik nogal soet, nie soet-tand soet nie, ons het nie vreeslik ongesond geeet nie.
Goed wat my nie lekker laat voel nie: Subway broodjies & gaskoeldrank (Sprite) het my maag vreeslik laat pyn, vroeer het ek nie regtig daarmee 'n probleem gehad nie en dan... Ek dink my naeltjie gaan uit "pop" en verander van 'n "inny" na 'n "outy" ek dink dit is grous en Wolf dink dis nie oulikste ding ooit! (Ek dink hy is eintlik hopeloos verlief en sien nie hoe dit eintlik lyk nie)
Slaap: Ek het laasweek gekla oor slaap. Ek het soortvan 'n oplossing gekry daarvoor - Ons het so klein reghoekige kussingtjie seker so 40cm lank, ek prop dit net onder my magie in en slaap heerlik!
Iets waaroor ons dankbaar is: Dat ons 'n fantastiese huwelik het en mekaar so vreeslik mooi oppas.
Hierdie week:
Ons het nie regtig iets vir babatjie gekoop nie. Ek sal seker hierdie week dalkies...
Hier is die herfs wolkies:
Ons het gister laatmiddag na so park toe gegaan en ons het so paar fototjies daar geneem:
Fototjies wat ons sommer self daar geneem het:
Wolf het homself fotograaf gehou, 'n paar mooies geneem:
Magie vir 22 weke:
Fluit fluit my storie is uit!
Het enige van julle blogs?
No comments:
Post a Comment